Jongboere

“Om binne die georganiseerde landbou vir die jongboer ‘n tuiste te skep waar sy eiesoortige behoeftes effektief aangespreek word deur die optimale benutting van alle beskikbare bronne”

 

Agtergrond

 

Die Vrystaatse Jongboerkomitee is op 3 Augustus 1985 gestig om ’n forum te skep waar die jongboere hulle menings kan lug en waar hulle eiesoortige behoeftes hanteer kan word. Vandag is die Jongboerkomitee en sy lede ’n lewenskragtige en innoverende beweging wat met opleidingsessies, seminare, konferensies en werkswinkels alle jongboere 35 jaar en jonger in die Vrystaat betrek en bemagtig.

 

Landbou is die enkele grootste bedryf in die Vrystaat wat sorg vir produksie, werksgeleenthede en ekonomiese stabiliteit in die platteland. Daarom is dit belangrik dat georganiseerde landbou en insetverskaffers saamspan om die nuwe geslag boere, te motiveer en aan te spoor tot suksesvolle en volhoubare boerdery.

 

Kliek Hier Om Aansoekvorm Af Te Laai