Beeldhou, Inligting & Tegnologie

Die Inligting en Tegnologie komitee het ten doel om toe te sien dat verspreiding en weergee van relevante, akkurate en intydse inligting aan die lede van Vrystaat Landbou geskied, asook om die werksaamhede van die organisasie aan die breër publiek en die regering uit te dra.

 

Die komitee is gemik om kommunikasie tussen die lede op grondvlak, bestuur en personeel te bevorder en bespoedig, sodat Vrystaat Landbou die rigtinggewende spreekbuis vir kommersiële landbou kan bly.

 

Kliek Hier Om Aansoekvorm Af Te Laai