Landbou Ontwikkeling

Landbou Ontwikkeling Komitee

Die komitee het ten doel om:

  • Grondhervorming en Agri BEE te laat slaag tot voordeel van alle rolspelers en landbou in totaliteit
  • Ekonomiese eenhede en volhoubaarheid binne grondhervorming te bevorder
  • Dokumenteer die dienste wat boere reeds aan hulle werkers bied
  • Hou die wette dop en interpreteer invloed op grondregte
  • Hou boere op hoogte van Agri BEE verwikkeling, dokumenteer suksesverhale
  • Ondersteun die Grond Forums van die Agri Forums met bedinging oor grondbelasting
  • Inskakeling by boerevereniging en monitering van ten minste 1 opkomende boer per streek met samewerking van kommoditeitsorganisasies en banke

 

Die komitee hou lede op hoogte van onder andere:

Herverdeling

  • Databasis: Volg leiding van AgriSA oor nasionale databasis, Onderhou provinsiale databasis, Bevorder en verwerk inligting: Kaarte, Aktes, Munisipale rolle, ens.
  • Voedselsekuriteit: assisteer DGS/DvL om nuwelingboere so gou moontlik volhoubaar te vestig
  • Koördineer die beskikbaarstelling van landbou grond deur lede

Restitusie

  • Staan boere by wie grondeise ingestel is met raad by

ESTA

  • Staan boere met verblyfsregprobleme met raad by
  • Help om beleid i.v.m. plaasbewoners in die regte rigting te beïnvloed

 

Kliek Hier Om Aansoekvorm Af Te Laai