Foto's: Conrad Bornman/Mediaboer
'n Waterskeidingskongres. Waarskynlik die belangrikste in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika én die Vrystaat. Dis hoe Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), sy organisasie se jaarkongres beskryf het.
Volgens Wilken is daar “nêrens in die wêreld landbouers wat moet boer onder die druk waarmee Suid-Afrikaanse landbouers te doen het nie”.
Meer as 250 gaste het die kongres, waar grondonteiening sonder vergoeding hoog op die agenda was, op 15 en 16 Augustus 2018 in Bloemfontein bygewoon. Die tema was Terug na ons lede en landbouers kon hul bekommernise met VL deel en debatteer.
Verskeie bekendes soos Dr John Purchase, Hoof Uitvoerende Beampte van Agbiz, Theo Venter, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se besigheidskool, Ivor Price, TV-aanbieder, Dan Kriek, President van Agri SA, en Andries Vermeulen, storieverteller, was teenwoordig.
Lees die volledige mediaverklaring oor VL se 2018 jaarkongres hier.
Sprekers se nota's/voorleggings:
Dr John Purchase - Uitvoerende Hoof van Agbiz
Theo Venter - Politieke ontleder verbonde aan NWU se besigheidskool
Chris Wehmeyer - Portefeuljebestuurder van PSG Wealth
Besoek ons Facebook-blad hier om weer na hierdie toesprake, asook ander deur verskeie sprekers, te kyk.
Dit sluit toesprake deur Wilken, Vermeulen, Kriek, Henk Vermeulen, voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van VL, Theo Oosthuizen, stigter en direkteur van Salvo Capital, en André Venter, voormalige Springbok-flank, in.
Werksessies terugvoer:
Opsomming van kongres: