Jaarkongres

Die hoogste gesag van Vrystaat Landbou is gesetel in die Jaarkongres. Vanuit die Jaarkongres word die Uitvoerende Bestuur verkies en bestaan uit die President, Vise-president en streekverteenwoordigers vanuit al 20 streke. Die bestuur word ook verder uitgebrei deur verteenwoordigers van die verskeie geaffilieerde landboubesighede en -bedrywe. Die Uitvoerende Bestuur van Vrystaat Landbou is die hoogste gesag wanneer die Kongres nie in sitting is nie, maar is aan die Kongres verantwoordelik.

Die Kongres word jaarliks gehou en word bygewoon deur stemgeregtigde afgevaardigdes van al die landbouverenigings, gebiedsbesture, bedryfskomiteelede en gekoöpteerde lede uit elke streek verkies afsonderlik met volstrekte meerderheid een lid wie 'n afgevaardigde moet wees as Streekverteenwoordiger wat vir 'n termyn van twee jaar in die Uitvoerende Bestuur kan dien. 'n Verslag van die afgelope jaar se werksaamhede tesame met geouditeerde finansiële state vir die afgelope boekjaar, moet aan die Kongres voorgelê word.

Aktuele sake word op die kongres bespreek en sprekers wat aanpas by die tema van die kongres word uitgenooi om luister aan die geleentheid te verleen.

Vrystaat Landbou se kongres het ten doel om alle aktiwiteite van die organisasie te kulmineer en is dus die vertoonvenster van landbou in die Vrystaat. Hierdie geleentheid word dan ook gebruik om erkenning te gee aan die Landbouvereniging van die Jaar asook die Streekverteenwoordiger van die Jaar. Ere-toekennings word ook tydens die aandfunksie van die Jaarkongres oorhandig.


Kongres 2017

  

Vrystaat Landbou (VL) stel met groot opgewondenheid ons 2017 Kongres bekend. Die tema is Waardetoevoeging – Nader aan die eindverbruiker. Dit vind op 10 en 11 Augustus 2017 by Leopards & Lace in Bloemfontein plaas. Uitstallers sal by die Kongres te sien wees, terwyl ons die publiek op 11 Augustus 2017 uitnooi na die Vrystaat Landbou en Volksblad middag-aandmark by Leopards & Lace. Kom sien waaroor gaan landbou! 

          

 

Kongres 2017 Opsomming

 

Toesprake/Voorleggings:

Dan Kriek – Presidentsrede Kongres 2017

Vrystaat Landbou App

Llewellyn Brooks – Hoofspreker Kongres 2017


Totale Waardeketting Waardetoevoeging sessie:

Nick Serfontein – Sernick

Adri Kisthoff-Botha – WRSA

Gawie van Heerden – Konsortium Merino

 

Hoe bemark ek myself? sessie:

Nick Efstathiou –OFM

Hein du Plessis – BrandNewSA

 

Farm to fork: Globale Tendense en plaaslike gevalle studies sessie:

Nadia van der Colff

Roelien Havenga – Woolworths SA

David Evans – RE Groep Viljoenskroon

Reece Dedwith – Wynnwith Milk (PTY) LTD

 

 

Vroue in landbou en waardetoevoeging sessie

Annette Vogel - Anne Fabre

Anja Fourie - Timeless Tomatoes



VL struktuur voorlegging 

 

 


 

Kongres 2016

Vrystaat Landbou se 2016 Kongres het op 10 en 11 Augustus 2016 by Emoya Estate in Bloemfontein plaasgevind. Die tema was: "'n Visionêre Toekoms Vir Landbou."

 

  

Ons sprekers: 

Dan Kriek - presidentsrede 

Dr. Johan Burger - sy voorlegging

 

Video van samewerking vir landelike veiligheid in Clocolan

Voorlegging deur dr. Jane Buys

Annelize Crosby - haar voorlegging

Willie Goosen - Grondhervorming sukses storie

Christo van der Rheede - sy voorlegging

Prof. Johann Rossouw - voorlegging nie beskikbaar

Moeletsi Mbeki - sy voorlegging

Voorlegging deur Schalk Pienaar en Daan Venter oor 'n veranderde formaat vir Vrystaat Landbou

 

Kongres opsomming

 

 

 BAIE DANKIE AAN ONS BORGE!

 


Kongres 2015

                                           

VL president, Dan Kriek, se toespraak

Mpumelelo Mkhabela's se toespraak

Greg Peterson se toespraak

 

Kongres opsomming

 

 

Ons Korporatiewe DVD is ook tydens ons 2015 Kongres bekend gestel. Dankie aan die GWK-groep vir hulle borgskap.

Die DVD is hier beskikbaar.

 


 

Opsomming: Kongres 2014

Vrystaat Landbou se 2014 Kongres wat by Ilanga Landgoed in Bloemfontein op 6 en 7 Augustus 2014 aangebied is, word beskryf as 'n groot sukses. Ons wil elke borg, lid, afgevaardigde, gas en lid van die media bedank wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid. Die opsomming oor die Kongres is hier beskikbaar.

Die Kongressaal het uit sy nate gebars. Foto: Tania Calldo

 

'n Volledige galery van 2014 se Kongres foto's verskyn op ons Facebookblad (Fotograaf - Tania Calldo) https://www.facebook.com/VrystaatLandbou

 

 

 

 

Die borge/uitstallers

Baie dankie aan al ons borge en uitstallers vir die ondersteuning.

   

Absa 

Agricon Pelleting                 

Drone Aviation

FNB

Eskom 

GWK

Grundfos 

Landbank 

LWO

Makro 

Monsanto

Mutual&Federal

Nedbank 

Old Mutual

OVK

Pretorius Plant Hire  

Renault Bloemfontein + Welkom

Royal Haskoning                 

RTS

Shoprite

Standard Bank 

Total SA                 

VKB

Vox Telecom                                                    


Kongres 2013

Vrystaat Landbou Kongres 2013Vrystaat Landbou het op 31 Julie & 1 Augustus 2013 sy Jaarkongres te Kiepersolrant aangebied. Die tema van hierdie jaar se Kongres was "'n Bemagtigende landbou omgewing 2030".

Nedbank, GW en Sidi Parani het as hoofborge van die Kongres toegetree. 'n Suksesvolle Kongres is aangebied.

Uitkomste van die Kongres was onder andere:

  • Hoe lyk die bemagtigende landbou omgewing wat ons wil hê?
  • Duidelike riglyne word benodig om georganiseerde landbou te posisioneer binne die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030
  • Sien geleenthede as produsent raak nieteenstaande moontlike bedreigings:
  • Wat gaan my laat oorleef en volhoubaar laat boer in 2030
  • Hoe posisioneer ek my boerdery en myself

 

Kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Om foto's van die kongres te besigtig, kliek hier.