Amerikaanse Kommandowurm op koring

Amerikaanse Kommandowurm op koring

Talle landbouers in veral die Oos-Vrystaat het reeds begin om koring te plant. Ons wil graag Graan SA se kennisgewing in terme van Amerikaanse Kommandowurm onder hul aandag bring. 

   

Amerikaanse Kommandowurm op Koring

Somergraanprodusente het teen die einde van die onlangse produksieseisoen met 'n nuwe indringende plaag te kampe gehad. Amerikaanse kommandowurm (Spodoptera frugiperda) skade is byna landwyd gerapporteer, met verliese op somergrane soos mielies, suikermielies en sorghum. Met temperature wat in die huidige wintermaande gedaal het en die produksie in hierdie gebiede verminder het, het die Amerikaanse kommandowurm-aktiwiteite beduidend vertraag.



Daar is egter berigte van die Amerikaanse kommandowurm se teenwoordigheid in koringproduksiegebiede van Zimbabwe. Suid-Afrikaanse koringboere word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die plaag in hul landerye deur gereelde verkenningsoefeninge te doen. Die FAW-bestuurskomitee vergader elke Woensdag, en inligting sal op gereelde basis gedeel word wanneer en soos dit beskikbaar raak.

         

08600 GRAIN (47246) | Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | www.grainsa.co.za

If you prefer not to receive this email from Grain SA, or if you've changed your email address, please click here