Absa Agri Tendens Verslag - 10 November 2017

Absa Agri Tendens Verslag - 10 November 2017

 

 

Rand verswak weens verhoogde onsekerheid, maar rentekoerse mag onveranderd bly 

Kommer heers dat die regering gratis tersiêre opleiding kan instel om nog ‘n “fees must fall”  staking te verhoed. Die uitbreiding van die toekenning van fondse in die rigting van gratis onderwys, het handelaars bekommerd dat die alreeds uitgerekte openbare finansies die staatskuld kan verhoog. Goewerneur Kganyago sê die verankering van inflasieverwagtinge rondom middelpunt (4,5%) van die teikenreeks van 3% - 6% is een van die belangrikste mediumtermyn doelwitte. Monetêre beleid neem die swak ekonomiese groei in ag, maar beleid onsekerheid en korrupsie kan nie deur laasgenoemde herstel word nie. Verder is die wisselkoers steeds die grootste enkele risiko vir die inflasievooruitsigte. Dit is te midde van swak verbruikers- en besigheidsvertroue en 'n verwagte toename in elektrisiteitstariewe. Daar word bespiegel dat Moody's Suid-Afrika tans besoek. Gegewe al die onsekerhede wat genoem word, word nie verwag dat die Monetêre Beleidskomitee rentekoerse sal verhoog wanneer hulle binne twee weke weer vergader nie. 

Die volledige verslag is hier beskikbaar