SA brandstofpryse kan in Februarie 2018 daal - (Agbiz) 18 Januarie 2018

Na 'n positiewe begin hierdie jaar met 'n marginale afname in brandstofpryse, kan Februarie 2018 danksy sterker binnelandse valuta 'n verdere verlaging in brandstofpryse sien. Dit is steeds vroeg om seker te wees oor die skaal daarvan, maar huidige ramings dui daarop dat pryse van petrol en diesel met onderskeidelik 3% en 1% vanaf Januarie 2018 kan daal.

Uit 'n landbouperspektief kom hierdie verligting op 'n tydperk wat gekenmerk word deur verminderde aktiwiteite op plase en dus laer brandstofverbruik. Dit belangrik om kennis te neem dat ongeveer 81% van mielies, 76% van koring en 69% sojabone in Suid-Afrika per pad vervoer word. ’n Gemiddeld van 75% van nasionale graan en oliesade word per pad vervoer.

Klik hier om die volledige PDF weergawe van die Agbiz verklaring te sien.