Absa Agri Tendens-verslag - 2 Februarie 2018

Laer koringproduksie en die effek daarvan op die ekonomie

Die verwagte kommersiële produksie van koring in Suid-Afrika is sowat 1,4 miljoen ton, wat amper 23% laer is as die vorige seisoen. Die afname is gedryf deur swakker as verwagte opbrengs, veral in die Swartland-gebied. In die Wes-Kaap is 325 000 ha koring geplant, waarvan 200 000 hektaar in die Swartland geplant is. Invoerplanne is reeds aan die gang om die plaaslike vraag na koring aan te vul. In die Wes-Kaap word beraam dat 'n verlies van sowat R1,7 miljard tot R2 miljard in bruto inkomste gely kan word.

Somerreënvalgebiede sal waarskynlik laat somerreëns ontvang, wat weer laat winterreënval vir die Wes-Kaap kan veroorsaak. Met verstandige finansiële beplanning, risikobeperkende strategieë en volhoubare boerderypraktyke glo ons egter dat ons produsente 'n manier sal vind om deur hierdie uitdagende tyd te kom en te floreer.

Kliek hier vir die volle Absa Agri Tendens-verslag (in Engels).