Absa Agri Tendens-verslag - 16 Februarie 2018

Braaihoender-invoere van Europa daal oor voëlgriep

As gevolg van die uitbreek van voëlgriep in die EU teen die einde van 2016, is invoere uit hierdie streek beperk. Sedertdien is Brasilië die belangrikste land van oorsprong vir Suid-Afrikaanse braaikuiken-invoer, gevolg deur die VSA. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die grootste deel van die invoere uit Brasilië hoenders is wat meganies ontbeen word. Dit maak 60% van die produkte uit. Die invoer van bevrore been in porsies vanuit Amerika hervat in Januarie 2016. Dit ingevolge die AGOA-ooreenkoms. Die VSA mag 65 000 ton hoender met bene per jaar uitvoer, vry van anti-stortingsregte (siklus April tot Maart). As gevolg van hierdie ooreenkoms is die invoer van braaikuikens uit die VSA geneig om aansienlik te verhoog vir die maande tot 31 Maart, aangesien uitvoerders besig is om die einde van Maart elke jaar die oorblywende kwota te gebruik. Onlangs het die versterkende rand die invoerprys vir braaikuikenvleis verlaag. 'n Verswakkende rand help gewoonlik die beskerming van die bedryf teen die mededingende goedkoper invoer. 

Kliek hier vir die volle Absa Agri Tendens-verslag (in Engels).