Ekonomiese vooruitskouing 2018 (Agri SA)

Suid-Afrika skop af in 2018 met ’n relatief sterk nominale wisselkoers van nagenoeg R12 teenoor die dollar nadat mnr Cyril Ramaphosa as leier van die ANC tydens die party se Desember 2017 konferensie verkies is. Die versterking van die rand het reeds gelei tot ’n afname in die gereguleerde prys van petrol en diesel in Januarie 2018, en behoort ook laer inflasiedruk en moontlik selfs deflasie van ingevoerde goedere tot gevolg te hê. 

Mnr Ramaphosa het die verkiesing gewen maar dit was nie ’n onvoorwaardelike oorwinning nie aangesien lede van die top 6 en nasionale uitvoerende komitee (NEC) deel vorm van ander faksies binne die ANC. Mnr Ramaphosa het dus ’n moeilike taak om die land se ekonomiese trajek to verander. 

Hierdie verslag fokus op die sleutel oorwegings wat Suid-Afrika se makro-ekonomie en landbousektor in 2018 kan beïnvloed.

Sien die volledige Agri SA ekonomiese vooruitskouing hier.