Venter, Crosby bespreek grondkwessie by werkswinkel

Die parlementêre besluit om voort te gaan met die proses om Artikel 25 van die Grondwet te wysig, om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding, het opslae in Suid-Afrika gemaak.

Daarom fokus Prof Johan Willemse se volgende landboumarkwerkswinkel, wat op 13 April 2018 in Bloemfontein plaasvind, op grondkwessies en sal die saak deur verskeie kenners bespreek word. Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, en Annelize Crosby, Hoof van Agri SA se sentrum vir uitnemendheid oor grond, sal aan die woord wees.

Prof Willemse sal ook oudergewoonte oor landboumarkte gesels.

 

Datum: 13 April 2018

Tyd: 09:00 (registrasie) vir 10:00

Plek: Bikers Church, Bloemfontein

 

Bespreek voor 7 April 2018. Klik hier om in te skryf en die program vir die werkswinkel te sien.