2018

Agbiz / IDC Agribesigheidsvertroue-indeks val onder die 50-punt kerf

10 September 2018

Nadat die Agbiz/IDC Agribesigheidsvertroue-indeks op vlakke hoër as 50 punte oor die afgelope twee kwartale behou is, het dit in die derde kwartaal van 2018 met 6 punte tot 48 gedaal. Dit is die laagste vlak sedert die tweede kwartaal van 2016, wat ’n droogtejaar was.

Met die resultate wat nou onder die neutrale punt van 50 is, beteken dit in wese dat landboubesighede minder optimisties is oor sake-toestande in Suid-Afrika. Die opname is in Augustus 2018 gedoen en bestaan uit landboubesighede in alle landbou-subsektore regoor Suid-Afrika.

Klik hier vir die volledige Agbiz verklaring (in Engels).