2018

Leer oor SEB Handves, landboumarkte by gewilde werkswinkel

24 Oktober 2018

Die landbou-ekonoom prof Johan Willemse bied op 2 November 2018 een van sy kwartaallikse werkswinkels oor landboumarkvooruitsigte in Bloemfontein aan. Daar sal onder meer by dié werkswinkel op die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) Handves gefokus word. Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, sal sy kennis hieroor deel.

Willemse sal ook oudergewoonte sy kennis oor die jongste graan-, vee- en ekonomiese vooruitsigte in die Biker’s Church in die Rosestad deel. ’n Ligte middagete word ook verskaf.

Besprekings moet teen Maandag 29 Oktober 2018 gedoen word.

 

Klik hier vir die volledige program, kontakbesonderhede en uitnodiging.