Ouer

Absa Agri Graan, Oliesade, Groente en Vee verslag - 8 September 2017

Absa Agri Graan, Oliesade, Groente en Vee verslag - 8 September 2017

   

Gebrek aan gehalte speenkalwers steun SA se lewendehawe pryse

Die gemiddelde speenkalf pryse het gedurende Augustus R35,09/kg bereik, wat hoog is. Hierdie prys is 71% hoër as dieselfde tyd ’n jaar gelede. Beperkte voorraad gehalte speenkalwers is aan voerkrale beskikbaar, wat die pryse vir beter vee ondersteun. Baie min speenkalwers was onlangs vir voerkrale by sommige veilings in die land beskikbaar.

Pryse van vee het die afgelope paar maande aansienlik gestyg, en pryse het moontlik hulle piek bereik. Verbruikers is onder druk, wat kan lei tot oorskakeling na goedkoper alternatiewe. Dit is egter in lyn met seisoenale tendense, waarvolgens pryse styg gedurende Augustus tot die feesseisoen verby is. Suid-Afrika vier op 24 September ons erfenis, en dis ’n dag wat gereeld met informele braai geleenthede gevier word. Die warmer weer lei ook daartoe dat meer buite aktiwiteite, soos om te braai, na die winter beplan word.

Die volledige verslag is hier beskikbaar.