Plaasskuld op R160 miljard die hoogste tot nog toe

Plaasskuld op R160 miljard die hoogste tot nog toe

Vrystaat Landbou deel graag die volgende artikel wat na aanleiding van 'n verklaring deur Agbiz in die Volksblad van 22 Augustus 2017 verskyn het. 

  

Plaasskuld beloop sowat R160 miljard – die hoogste wat dit tot nog toe was. Dit beteken finansiering vir die nuwe plantseisoen moet “realisties en omsigtig” gehanteer word, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer, Agbiz.

Boere in die somersaaigebiede moet teen 31 Augustus die vorige seisoen se produksielenings terugbetaal en onderhandelinge vir nuwe produksiekrediet word tans gevoer. Purchase wys ook daarop dat boere se skuldvlakke ook in reële terme, sonder die uitwerking van inflasie, hoog is. 

“Weens die uitwerking van drie opeenvolgende droogtes moes boere in hul kapitaal delf om aan die gang te bly en het die verhouding van laste tot bates verswak,” sê Purchase. 

Dit kan beteken dat nuwe skuld vanjaar moeiliker bekombaar sal wees. “Die risiko raak hoog, veral in gebiede met marginale landbougrond en sowel finansiers as produsente moet realisties daaroor wees.”

Die kern tot sukses lê volgens Purchase in die voorlegging van ’n goeie sakeplan, asook ’n duidelike uiteensetting van hoe kontantvloei bestuur gaan word. “Marginale produksiegebiede sal ook alternatiewe oplossings moet oorweeg, soos om vanjaar nie te plant as daar nie ’n wins te make is nie.”

Lees verder: Plaasskuld op R160 miljard die hoogste tot nog toe
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 14 Augustus 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 14 Augustus 2017

   

Daar is ruimte vir groei in die Avokado-bedryf

Suid-Afrika plant tans sowat 16 000 ha se Avokado’s, en daar is ruimte vir groei. Suid-Afrika is bekend dat ons van die beste Avokado’s produseer. Volgens die afgelope drie jaar se boom-verkope statistiek, word sowat 1000 ha se nuwe aanplantings per jaar aangeplant.

Die Avocado-bedryf kan gesien word as winsgewend, aangesien prysverhogings jaarliks voorkom. Die tendens gaan na verwagting in die komende jare voortduur. Die prysstygings word gedryf na ’n vraag vir die produk. Meer en meer mense begin ’n gesonde lewenstyl navolg, wat die gebruik van Avokados in hulle dieet of skoonheidsprodukte insluit.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 14 Augustus 2017
 

Absa Agri Graan en Vee verslag - 3 Augustus 2017

Absa Agri Graan en Vee verslag - 3 Augustus 2017

     

Lam- en skaapvleispryse bly verhoog

Die pryse van lam- en skaapvleis bly bestendig verhoog, en het die afgelope paar weke ’n opwaartse neiging oor alle klaase heen getoon. Voed lammerpryse het die afgelope paar maande ook versterk. Indien die prys van lammers (insette) meer as die skaapvleispryse (uitset) styg, sal dit druk op die winsgewendheid marges van die betrokke bedryf plaas.

Laer voorraad in die Suid-Afrikaanse mark het hoër vraag van Namibië tot gevolg gehad. Die Namibiese bedryf verwag dat die prys van lammers in Namibië sterk sal bly aangesien die beperkte aanbod in Suid-Afrikaanse markte tot 'n toename in vraag vanaf Namibië lei.

Lees verder: Absa Agri Graan en Vee verslag - 3 Augustus 2017
 

Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 24 Augustus 2017

Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 24 Augustus 2017

                                 

 

Lees verder: Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 24 Augustus 2017
 

Absa Agri Graan en Vee verslag - 28 Julie 2017

Absa Agri Graan en Vee verslag - 28 Julie 2017

    

Suid-Afrika se mielie uitvoere

Met ’n nuwe verwagte rekord-oes van 15,9 miljoen ton, kan verwag word dat SA ’n oordrag voorraad van 3,4 miljoen van totale kommersiële mielies in die volgende seisoen sal hê. Net sowat 750 000 ton gaan na verwagting in die huidige bemarkingsjaar teen die einde van Augustus uitgevoer word. Die vlak van uitvoere is tans laag met verwagtinge van sowat 2 miljoen ton plus teen April 2018. Ons kan moontlik ’n verhoging in uitvoere sien wanneer die prys R1550/ton bereik, wat kan veroorsaak dat die vlak van weeklikse uitvoere in volle swang kan kom. Sou die Rand tot vlakke van R16 verswak, kan dit mieliepryse ondersteun, en die uitvoerpariteitprys verhoog tot produksiekoste vlakke (R2100/ton), want landbouers sal bereid wees om te verkoop. Nog ’n faktor wat plaaslike uitvoere kan ondersteun is weer onsekerheid in die Verenigde State van Amerika.

Lees verder: Absa Agri Graan en Vee verslag - 28 Julie 2017
 

Santam Landbou: Klimaat- en Landboutoestande 24 Julie 2017

Santam Landbou: Klimaat- en Landboutoestande 24 Julie 2017

Ons deel Santam Landbou se nuutste verslag oor weerstoestande: 

         

Punte van belang

bullet Veldbrandgevaar in die Somerreënvalgebied verhoog drasties.
  1. Huidige toestande

Swaar ryp het sedert die tweede gedeelte van Julie begin voorkom oor veral die sentrale tot suidelike binneland. Frontale stelsels het ook reën gebring oor die Weskaap en redelike swaar sneeuneerslae het voorgekom in veral die Wes- en Ooskaap. Damvlakke in die Wes- en Ooskaap het begin styg maar dit is nog baie ver van waar dit behoort te wees. Gegrond op statistiek moet byvoorbeeld die Theewaterskloofdam meer as 50% vol wees teen einde November om genoeg water te hê vir gebruik in die nie-reënseisoen vanaf 1 Desember tot einde Mei. Tans is dit net bokant 20%.   
 
Die insameling van die mielie-oes is in die laaste fase en is die grootste deel reeds klaar geoes. Baie laat aangeplante mielies is effens swakker as wat verwag is maar dit maak ‘n baie klein deel van die oppervlakte uit.

Groot veldbrande begin voorkom in die binneland as gevolg van die groot hoeveelhede brandbare materiaal. Met heelwat koue fronte en sterk winde wat verwag word in die volgende twee maande is daar ‘n baie groot brandgevaar.

Internasionaal het droogtetoestande begin voorkom in gedeeltes van die VSA se somergraangebied. Dit is veral die noordwestelike dele in state soos Minnesota, Noord en Suid- Dakota en Nebraska waar toestande baie warm en droog is en skade voorkom aan die graangewasse.  Dit het veroorsaak dat die Amerikaanse mielieprys met ongeveer 10-15% gestyg het in die afgelope paar weke. Daar is egter tekens van ‘n bietjie reën wat verwag word in die volgende twee weke maar daar bly steeds ‘n groot gevaar vir droogte skade aan die somergraanoes.  

Lees verder: Santam Landbou: Klimaat- en Landboutoestande 24 Julie 2017
 

Oesskattingsverslag Julie 2017

Oesskattingsverslag Julie 2017 

    

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 15,969 milj. ton gestel, wat 2,16% of 338 250 ton meer is as die vorige skatting van
15,631 milj. ton. Dit is die grootste mielie-oes nog geproduseer in die geskiedenis van SA.

Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,629 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 6,08 t/ha is – ook die hoogste opbrengs ooit. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2017-oes produseer.

Lees verder: Oesskattingsverslag Julie 2017
 

Absa Agri Graan en Vee verslag - 21 Julie 2017

Absa Agri Graan en Vee verslag - 21 Julie 2017

      

Reserwebank verlaag rentekoerse met 25 basispunte

Die welkome stap deur die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank om rentekoerse met 25 basispunte te sny, is gevolg deur ’n verswakking in die Rand. Ondersteun deur ’n swak VSA $, het die Rand egter weer versterk. Gevolglik het die Rand relatief sterk gebly ten spyte van die rentekoers verlaging. Die invoer van ru-olie, boerderybenodigdhede, oliekoek en koring in Randwaarde word dus nie negatief beïnvloed deur die verlaging van rentekoerse nie.

Lees verder: Absa Agri Graan en Vee verslag - 21 Julie 2017
 

Amerikaanse Kommandowurm op koring

Amerikaanse Kommandowurm op koring

Talle landbouers in veral die Oos-Vrystaat het reeds begin om koring te plant. Ons wil graag Graan SA se kennisgewing in terme van Amerikaanse Kommandowurm onder hul aandag bring. 

   

Amerikaanse Kommandowurm op Koring

Somergraanprodusente het teen die einde van die onlangse produksieseisoen met 'n nuwe indringende plaag te kampe gehad. Amerikaanse kommandowurm (Spodoptera frugiperda) skade is byna landwyd gerapporteer, met verliese op somergrane soos mielies, suikermielies en sorghum. Met temperature wat in die huidige wintermaande gedaal het en die produksie in hierdie gebiede verminder het, het die Amerikaanse kommandowurm-aktiwiteite beduidend vertraag.

Lees verder: Amerikaanse Kommandowurm op koring  

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 7 Julie 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 7 Julie 2017

     

Die openbare gesondheid risiko wat verband hou met die Voëlgriep H5N8-virus

Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, word die H5N8 stam nie as ’n zoönose deur beide die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid en die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou nie, hoewel sommige Voëlgriep stamme soönoties is ('n siekte wat hoofsaaklik diere affekteer, maar siektes by mense veroorsaak). Oordrag aan mense het plaasgevind wanneer daar noue kontak met besmette voëls of swaar besmette omgewings is. Uitvoer van hoenders is verban en handelsvennote is ingelig oor die huidige situasie. Beweging van hoenders van kwarantyn areas na nie-kwarantyn areas is tans verbode.

Volgens veeartse is dit veilig om pluimveeprodukte sowel as eiers te gebruik.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 7 Julie 2017