Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017

      

Word die sojaboonbedryf op sy optimale vlak bedryf?

Definitief nie!

Suid-Afrika is steeds‘n netto invoerder van sojaboonmeel/oliekoek, al plant ons produsente meer sojabone (SA gaan na verwagting ’n rekord sojaboon oes hê in die seisoen). Die oliesaad verwerkingsbedryf se kapasiteit het die afgelope paar jaar toegeneem, maar die plaaslike vraag na plaaslik vervaardigde sojameel ontbreek.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017

    

Om die logistiek gereed te kry om die verwagte mieliesurplus te beweeg

Suid-Afrika het 'n potensiële ongeveer 4,1 miljoen ton mielies in totaal beskikbaar vir uitvoere. Die land beskik oor voldoende infrastruktuur om die komende oes te kan hanteer. Die bedryf se deelnemers aan die uitvoerprogram reken dat die hawefasiliteite van Durban en Oos-Londen, tesame met spoor- en padvervoer, die volle beoogde oes sal kan hanteer.

Van die uitdagings wat die logistiek van die oes in die gesig staar, is:

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017

  

Produsente moet vermoedelike voorvalle van voëlgriep aanmeld

Na die onlangse uitbrekings van die H5N8 Avian Influenza virus onder hoenders in Suid-Afrika, is die ge-affekteerde plase onder kwarantyn geplaas en die die proses om die ge-affekteerde diere op dié plase van kant te maak, is onderweg as deel van pogings om verdere verspreiding van die virus te beperk. Monsters van diere op plase binne ’n 3 km radius van die van HPAI plase word getoets, en plase binne ’n 30 km radius word gemonitor vir tekens van die siekte.

Tans is nog geen geval van HP H5N8 in volstruise gerapporteer nie, maar aangesien daar met volstruise buite geboer word, is daar 'n groot risiko dat dit die volstruisbedryf kan beïnvloed. Dit is ook onbekend hoe hierdie virus volstruise sal beïnvloed, terwyl dit bekend is dat pluimvee van die siekte vrek. Intussen moet produsente die pluimvee se voerinname monitor, op die uitkyk wees vir groen urine en die algemene gesondheid van volstruise nagaan. As daar verdagte gevalle opgemerk word, word produsente aangemoedig om die vermeende gevalle aan te meld. Dié voëlgriep is nog nooit in kommersiële hoenders in Suid-Afrika aangetref nie, alhoewel dit al in volstruise in albei lande gevind is.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017
 

Oesskattingsverslag Junie 2017

Oesskattingsverslag Junie 2017

    

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 15,631 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,629 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,95 t/ha is.

Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2017-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,643 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 985 500 ha.

Lees verder: Oesskattingsverslag Junie 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017

   

Voëlgriep-uitbraak in Suid-Afrika gerapporteer

Volgens 'n persverklaring deur Astral Foods Limited (Astral), is die eerste uitbraak van Voëlgriep (AI) aangemeld. ’n AI-stam, bekend as H5N8, is op een van Astral se plase in die Villiers-distrik in die Vrystaat geïsoleer.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPD) het voorheen aangedui dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), akademici, private veeartse en die bedryf vasberade is om te werk aan verskeie metodes wat die waarskynlikheid van vroeë opsporing sal verhoog. SAPA het ook aangedui dat dit landbouers ook sal herinner aan bio-sekuriteitsvereistes.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017

   

Koringtarief hersiening uitkoms uiteindelik hier!

Die vorige koring invoertarief van R1591.40/ton wat op 24 Mei 2015 ge-aktiveer is, is eers na 12 weke gepubliseer, en daarna is die huidige tarief van R1190.20/ton eers sewe weke na dit ge-aktiveer is gepubliseer. Die nuutste tarief van R1371.75/ton wat op 18 April 2017 ge-aktiveer is, is na nege weke steeds nie gepubliseer nie.

Intussen het die koringprys op 20 Junie 2017 van $ 189/ton na $ 244/ton toegeneem. Die styging het die nuwe tariefvlak hersiening ge-aktiveer.

Die Internasionale Handelsadministrasie Kommissie (ITAK) het vanoggend (Vrydag, 23 Junie 2017) 'n verslag vrygestel, waarvolgens aangedui is dat van vandag af die invoer tarief R947.21/ton sal wees (verminder met R242.98).

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 15 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 15 Junie 2017

  

Koringtarief onsekerheid

Sowat die helfte van die koring wat Suid-Afrika verbruik word ingevoer. Suid-Afrika is ’n netto-invoerder van koring, so enige veranderinge in globale markte sal die plaaslike bedryf beïnvloed. Die koringinvoer-tarief is in plek gestel om die plaaslike prys stabiel te help bly, en dit is een van die meganismes wat verseker dat plaaslike produsente nie teen ’n verlies produseer nie.

USA no 2 Hard Red Wheat het vir drie agtereenvolgende weke met meer as $10/ton onder die basisprys van $205,33/ton gedaal. Die daling in die VSA koringprys het ’n direkte invloed op die plaaslike koringinvoer-tarief; derhalwe is ’n nuwe invoertarief op 18 April 2017 ge-aktiveer. Na wat verwag word, sal dit styg van die vorige R1190/ton na R1371/ton.

Onsekerheid oorheers tans die bedryf, aangesien niemand weet wat die uitkomste sal wees met die hersiening van die invoertarief formule nie. En, dit neem weke voor die nuwe tarief in die Staatskoerant gepubliseer word.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 15 Junie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Junie 2017

   

Geseën is ons deur Suid-Afrikaanse voedselprodusente

Moody het op 9 Junie 2017 hul kredietgradering vir Suid-Afrika aangekondig, een merk af na ‘n Baa3-vlak met ’n negatiewe vooruitsig. Hierdie vlak is net bo subbeleggingsgraad. Die verwagte afgradering is reeds in die geldeenheid verreken, maar vorentoe kan enige verdere afgradering en verhoogde beleidsonsekerheid die wisselkoers negatief beïnvloed.

Die Reserwe Bank moet rentekoerse op dieselfde vlakke hou om die waarde van die Rand te midde van die resessie tans en die lae ekonomiese groei te beskerm. Gelukkig vir verbruikers het ons produsente begin om ’n rekord oes te stroop, wat verseker dat verbruikers laer pryse vir voedsel geniet, terwyl werksgeleenthede deur die resessie toestande beïnvloed word.

Suid-Afrikaanse produsente verseker dat voedselpryse in Suid-Afrika deel uitmaak van van die goedkoopste in die wêreld. In vergelyking met lande soos Venezuela (R71), Brasilië (R69) en Turkye (R37), kos ’n Big Mac die Suid-Afrikaanse verbruiker slegs R25.  

                                                                  Viva die Suid-Afrikaanse voedselprodusent!

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Junie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 5 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 5 Junie 2017

    

Groot sojaboon-oes kan SA invoervereistes skerp beperk

Namate die oestyd vir sojaboon sy einde nader, is bo-gemiddelde opbrengste in Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aangemeld. Hierdie opbrengste ondersteun die verwagte rekordoes wat die Oesskattingskomitee op 26 Mei 2017 aangekondig het, alhoewel die mark meer as die verwagte 1,23 miljoen ton sojabone verwag.

Beide sonneblom- en sojaboonbreking het vanjaar met bykans 13% toegeneem. In April is sojaboon verwerking ‘n vyf maande hoogtepunt aangeteken.

Dié rekordoes kan Suid-Afrika se sojaboon- en groente-olie-invoervereistes verminder om aan plaaslike vraag te voldoen.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 5 Junie 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 31 Mei 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 31 Mei 2017

   

Verbruikersvoorkeure laat bottervoorraad kantel en pryse styg

Die suiwelbedryf sien 'n tekort aan botter, en dit is hoofsaaklik as gevolg van die verbruikersvoorkeure wat na die “banting” dieet beweeg, wat hoë vet en hoë proteïen inname bevorder. Die internasionale prys vir botter het ook aansienlik toegeneem as gevolg van hoër vraag. Die plaaslike verbruiker se vraag na volroommelk, botter en volroomprodukte verhoog, en die vraag na lae-vet melk en produkte verminder.

Voorheen het die gebruik van laevet melk/room en ander produkte toegelaat dat oortollige vet in botter gebruik word. Aangesien tendense na volroom beweeg het, het die laer aanbod van insette tot tekort aan botter gelei.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 31 Mei 2017