Absa Agri Graan en Groente verslag - 21 April 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 21 April 2017

  

Beperkte silo kapsiteit kan druk op die mielieprys verhoog

Suid-Afrika se verwagte groot mielie-oes van sowat 14,3 miljoen ton veroorsaak kommer oor silo kapasiteit in sekere areas, veral in die areas waar goeie oeste verwag word en beperkte fasiliteite bestaan. Te danke aan voordeluge weerstoestande is groter oeste moontlik as wat aanvanklik verwag is in die hoof mielie-produksie areas van die land. Sommige mark deelnemers reken die oes grootte kan tussen 14,3 en 14,5 miljoen ton wees.

Sommige areas in the Vrystaat het reeds kommer in terme van silo kapasiteit aangemeld. Bunkers en ander stoor fasiliteite word reeds bekom om die groot oes te help aanspreek. Sou die bestaande kapasiteit opgevul word, sal produsente verder moet reis na silos wat bergingspasies beskikbaar het, wat meer druk op pryse kan plaas.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 21 April 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 19 April 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 19 April 2017

   

Gemiddelde speenkalfpryse op hoë vlakke

Speenkalfpryse volg die afgelope drie maande ’n opwaartse tendens weens die lae aanbod en goeie vraag in die mark. ’n Gemiddelde speenkalfprys het gestyg van vlakke van sowat R21.80/kg aan die begin van Desember 2016 na vlakke van R30,11/kg in die tweede week van April 2017. Dit impliseer ’n verhoging van 38% in dié periode.

Dryfvere agter die stygings kan wees:

-          Laer voerpryse wat voeraktiwiteite kan aanmoedig wat gevolglik kan bydra tot ’n hoër vraag na speenklawers.

-          Die seisoen se goeie reënval het groei toestande verbeter en gevolglik die bou van kuddes aangemoedig. Dit dra op die ouend by tot ’n laer aanbod van beeste.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 19 April 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 11 April 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 11 April 2017

     

Moontlike rentekoers verhoging kan finansiële druk op produsente verhoog

Produsente is reeds onder finansiële druk na die droogte toestande wat verlede jaar ondervind is. Ten spyte van goeie reën dié seisoen, ’n goeie oesskatting, verbetering in veld toestande en gevolglik gunstige vleispryse, moet talle produsente steeds herstel. Derhalwe word produsente aangeraai om spandering en hul begrotings konserwatief te benader, en om hulle bate/skuld ratios deeglik te monitor om maksimum beheer te verseker.

Skuld ratios gaan na verwagting geudrende die jaar verhoog met die aanpassing van hoër rentekoerse. Met die rand se waarde wat verswak, word voorspel dat brandstof duurder gaan word, en bykomende daarby ook trekkers, implemente (nuwe tegnologie) en ander insette wat ingevoer moet word. Verder sal hoër vervoerkostes vir verbruikers ’n negatiewe impak op die prys van produkte op winkelrakke hê. 

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 11 April 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 10 April 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 10 April 2017

   

Geldsake: Wat ’n afgradering moontlik vir jou kan beteken

Op 3 April 2017 het Standard and Poor’s (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valuta kredietgradering na ’n sub-beleggings graad – wat meer algemeen as rommelstatus bekend is – afgegradeer. Fitch Rating het op 7 April 2017 dieselfde stap gevolg deur Suid-Afrika se onversekerde buitelandse-valuta-en plaaslike valuta verbande ook tot sub-beleggings graad af te gradeer. Intussen het Moody’s, wat Suid-Afrika se soewereine gradering onverandered op twee vlakke bo rommelstatus gehou het, ook aangedui dat hulle die land se graderingstatus hersien. 

Die domino-effek van die gebeure kan lei tot ’n toename in die koste van lenings, wat met verhoogde rentekoerse gepaard gaan, asook stygende brandstof- en voedselpryse, wat ’n negatiewe invloed op verbruikers sowel as produsente sal hê. Na afloop van die gradering status aankondigings (deur S&P en Fitch) het die verswakking van die Rand ’n mate van ondersteuning vir kommoditeitspryse in die kort termyn en uitvoergeleenthede in die langer termyn gebied.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 10 April 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 April 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 April 2017

  

Rand verswak weens krediet afgradering

Die Rand het verswak na Maandag (3 April 2017) se aankondiging deur die graderings agentskap, Standard and Poor’s, dat hulle Suid-Afrika na rommelstatus afgradeer het. Die verswakking van die geldeenheid sal die koste van ingevoerde produkte negatief raak en ’n invloed op insetkostes hê. Gevolglik kan die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank (SARB) rentekoerse verhoog om die waarde van die rand te beskerm. Die SARB het verlede week die repo koers onveranderd op 7% gelaat, met een komiteelid wat ten gunste van ’n .25 basis punt daling gestem het. 

Die prima uitleenkoers bly op 10,5%. Die SARB het ook hulle inflasie vooruitsigte verlaag, met inflasie wat na verwagting binnekort sal terugkeer na die teiken vlakke van 3% tot 6%. Die SARB het wisselvalligheid in die wisselkoers as ’n risiko vir dié vooruitskouing uitgewys. Die mees onlangse gebeure rondom beleidsvorming na afloop van die afgradering aankondiging mag daartoe lei dat die SARB sy besluit tydens die volgende Monitêre Beleidskomitee vergadering hersien. 

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 April 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 30 Maart 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 30 Maart 2017

 

Die kontinent se grootste mielie produsent se mielie-oes skatting aangepas na 2de hoogste vlak sedert 1980

Suid-Afrika gaan na verwagting ’n rekord van 14,3 miljoen ton mielies hierdie seisoen oes. Die oes is 83% groter as dié van die 2016 seisoen en die tweede grootste oes wat die land in 36 jaar gesien het. Groei toestande is uitstekend met bo-gemiddelde reënval gedurende Januarie tot Februarie in die sentrale streek (grootste mielie produserende streek), wat gunstige oes vooruitsigte daarstel. Daar is ’n moontlike 1,54 miljoen ton witmielies en 310 000 ton geelmielies vir uitvoer beskikbaar. Die moontlike totale hoeveelheid mielie uitvoere is dus 1,85 miljoen ton wat 62 dae voorraad vlakke daarstel (’n 10 jaar vlak).

Logisties is dit moontlik om 1,85 miljoen ton uit te voer. Dit is gelyk aan die gemiddelde uitvoer syfer van die vorige 6 jaar. Neem kennis dat die tydperk vir uitvoer na die verre ooste (China, Taiwan) vanaf Junie na September strek. Sou mielie pryse nie teen pryse van R150/ton onder uitvoerpariteit verhandel nie, kan ons voldoende uitvoere verbeur. Sou dit gebeur, sal mieliepryse vir ’n langer tydperk onderdruk word met die mededinging met die noordelike halfrond se nuwe seisoen oes wat van Oktober af inskop. Mielie vooruitsigte is oor die algemeen lomp; die Rand Dollar wisselkoers is die belangrikste drywer van prysveranderings. Die nadraai effek van die kabinet skommeling op die Rand, het mieliepryse ondersteun.  

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 30 Maart 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 28 Maart 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 28 Maart 2017

  

 

China lig verbod op Brasiliaanse vleis invoere

China, die EU en sommige Suid-Amerikaanse lande het verlede Maandag ’n totale of gedeeltelike verbod op vleisinvoere uit Brasilië geplaas. Die verbod is ingestel na aanleiding van ’n ondersoek wat aan die lig gebring het dat sommige Brasiliaanse inspeksie beamptes omkoopgeld aanvaar en die uitvoer van Salmonella besmette of vrot vleis uit Brasilië toelaat. Brasilië het tot dusver beveel dat 6 van die 21 verwerkings aanlegte tydelike gesluit moet word, terwyl hulle ondersoek word deur die Polisie en gesondheids owerhede.

Die ander 15 plante word nie toegelaat om uit te voer nie, hoewel hulle nog mag produseer vir die plaaslike mark. Brasilië se sleutelmarkte - China, Egipte en Chili – het die afgelope Saterdag hulle verbod opgehef. Egipte en Chili het aangekondig dat hulle die invoer van vleis uit Brasilië vanaf Saterdag hervat, maar met sekere uitsonderings. China het sy verbod op die meeste van Brasilië se ingevoerde vleis opgehef.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 28 Maart 2017
 

Oesskattingsverslag Maart 2017

Oesskattingsverslag Maart 2017

  

"Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 14,324 milj. ton gestel, wat 2,91% of 405 050 ton meer is as die vorige skatting van 13,918 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 2,629 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,45 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 84% groter as die 2016-oes, wat die kleinste oes was sedert 2007. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 82% van die 2017-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,643 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 985 500 ha." 

Lees verder: Oesskattingsverslag Maart 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 24 Maart 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 24 Maart 2017

  

Uitvoermarkte kan geleenthede vir beesvleis bied

Uitvoere het die potensiaal om geleenthede te verskaf vir die Suid-Afrikaanse beesvleis mark. Om die geleentheid te benut, moet die bedryf internasionale markte vind wat bereid is om meer te betaal vir sekere snitte, en om ’n verhouding te vestig met dié markte om bv hoë gehalte snitte na hoë vlak markte uit te voer.

Dit is nodig dat beesvleis eerder as ’n uitstaande produk geposisioneer moet word eerder as ’n kommoditeit. Mededinging in die internasionale mark is egter straf met ander lande wat vir dieselfde mark meeding. Gevolglik kan dié lande probeer om die produk na ’n kommoditeit te verander. Meer sal gedoen moet word om onder andere die land se dieregesondheid status, naspeurbaarheid, klassifikasie en gradering stelsel. Daarby is verdere navorsing en ontwikkeling nodig.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 24 Maart 2017