Absa Agri Graan en Groente Verslag - 10 Februarie 2017

Absa Agri Graan en Groente Verslag - 10 Februarie 2017

  

Herfskommandowurm veroorsaak ’n opskudding

Herfskommandowurm word as so ’n ernstige pes beskou dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oorweeg om dit as ’n kwarantyn pes te registreer. Na die voorkoms (daarvan) deur produsente aangemeld het, het die DLBV die nodige stappe geneem om die rampbestuur registrasieproses te implementer. Die stap was nodig sodat beskikbare en effektiewe plaagdoders in die tussentyd gebruik kon word. Samewerking tussen Graan SA, die departement en saad en plaagdoder verskaffers fokus op die minimalisering van skade aan aanplantings. Dit wil voorkom of die impak van die pes erger is na die wydverspreide droogte. The voorkoms van die pes sal in die toekoms byra tot ’n toename in produksiekostes om dit te beheer.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente Verslag - 10 Februarie 2017
 

Absa Agri tendens verslag 7 Februarie 2017

Absa Agri tendens verslag 7 Februarie 2017

 

Totale slag van beesvleis gaan na verwaging daal

In vergelyking met die vorige jaar (2015), het die totale slag van beesvleis na skatting teen 8% gedaal in 2016. Na verwagting gaan slagting voortduur om te daal tot 2018 soos wat kudde herbou voortduur na die goeie reën en verbeterde weidingstoestande. Beesvleispryse het verbeter gedurende die laaste deel van 2016 weens die verbetering in weidingstoestande en afname in slagtings.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 7 Februarie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 2 Februarie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 2 Februarie 2017

  

Toename in aartappel voorraad op markte na die onlangse reënval

Aartappelpryse (aan produsente) gaan na verwagting onder druk bly gedurende Februarie weens 'n toename in voorraad op markte in opvolg op die onlangse goeie reën. Pryse is tans laer as verlede jaar se pryse, en 'n sywaartse beweging word tot aan die einde van volgende week verwag, ook as gevolg van die hoë aanbod aan die mark.  

Die Botswana grens is onlangs her-open nadat dit in Desember gesluit is, en dit behoort verligting te bring vir die aanbod in die Suid-Afrikaanse mark. Die gemiddelde prys in die mark op 2 Februarie 2017 was R41,43 per 10kg. 

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 2 Februarie 2017
 

Absa Agri tendens verslag 31 Januarie 2017

Absa Agri tendens verslag 31 Januarie 2017

  

Versterking in die vleismark bespeur

Die wydverspreide reënval wat in Januarie 2017 voorgekom het, ondersteun die herstel van weiding. Produsente is van mening dat genoeg weiding beskikbaar is om veekuddes te herbou. Dit kan egter beteken dat verse teruggehou word en minder beskikbaar sal wees vir die mark. Gevolglik sal prysstygings in die speenkalfmark moontlik wees. Pryse van beesvleis het vir alle klasse versterk. 

Op die JSE kon noemenswaardige beweging onlangs gesien word, met die Maart 2017 beesvleiskontrak se prys wat na R41/kg gestyg het. Dit is 'n duidelike aanduiding van die algemene versterking in die mark. Beesvleisprodusente het groot verliese aangeteken weens die droogte in 2016. Na verwagting sal 2017 beter speenkalfpryse bring. Ons verwag dat die wydverspreide reën laer mieliepryse tot gevolg sal hê, wat die herbou van veekuddes sal ondersteun. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 31 Januarie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - Januarie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - Januarie 2017

 

Hoë reënval belemmer sojaboon aanplatings in Argentinië - en prys reageer

Na verwagting sou produksie van sojabone in Argentinië vir die bemarkingsjaar sowat 57 miljoen ton in 2016/17 (Okt/Sep) bereik het, in vergelyking met die 56,8 miljoen ton van die vorige jaar. Volgens Oilworld kan die onlangse oorstromings in Argentinië die nuwe seisoen se aanplantings so affekteer dat slegs sowat 52 miljoen ton gelewer word. Produksie kan selfs tot 50 miljoen ton daal. Kernbelangrike produksie areas het tussen 75mm en 150mm op 15 Januarie 2017 gemeet. Dit het voorgekom na swaar neerslae en oorstromings reeds voorgekom het.

Gevolglik het die mark 'n steil tydren van 6% in sojaboon pryse en 11% in sojameel pryse ervaar. Na die water afgeloop het, sal dit te laat wees om te herplant om die volle aantal beplande hektare gestand te doen. Na verwagting gaan die area wat in Argentinië aangeplant is, 'n vyf jaar laagtepunt bereik, met talle areas waar oeste onder-gemiddeld sal wees. Onsekerheid bied dus onderliggende steun aan pryse. 

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - Januarie 2017
 

Oesskattingsverslag Januarie 2017

Oesskattingsverslag Januarie 2017

 

voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,549 milj. ha, wat 30,95% of 602 450 ha meer is as die 1,947 milj. ha wat verlede seisoen aangeplant is, en ook 3,50% of 86 200 ha meer as die voornemens om te plant syfer van 2,463 milj. ha soos vrygestel in Oktober 2016.

Lees verder: Oesskattingsverslag Januarie 2017
 

Oesskattingsverslag Desember 2016

Oesskattingsverslag Desember 2016 

  

Volgens die Oesskattingskomitee se vyfde Oesskattingsverslag vir die 2016 wintergraan-oes is pas uit: 

Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,876 milj. ton, wat 6,2% of 109 260 ton meer is as die vorige skatting van 1,766 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,69 t/ha is. Die hoofrede vir die toename in koringproduksie is as gevolg van produsente wat beter as verwagte opbrengste gestroop het, veral in die Wes-Kaap.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap het met 10,0 % of 96 900 ton toegeneem, van 969 000 ton tot 1,066 miljoen ton teenoor die vorige skatting. Die produksieskatting vir die Vrystaat is onveranderd gelaat op 308 000 ton. In die Noord-Kaap is die verwagte produksie opwaarts aangepas met 5,6 % of 14 000 ton, van 252 000 ton tot 266 000 ton.

Lees verder: Oesskattingsverslag Desember 2016
 

Absa Agri Vooruitskouiing vir 2017

Absa Agri Vooruitskouiing vir 2017

 

Absa AgriBesigheid het onlangs hulle Vooruitskouiings vir 2017 bekendgestel, en die groep is steeds positief oor die bedryf ten spyte van die uitdagings van die afgelope jaar. 

Lees verder: Absa Agri Vooruitskouiing vir 2017
 

Absa Agri tendens verslag 13 Desember 2016

Absa Agri tendens verslag 13 Desember 2016

  

Suid-Amerikaanse weer is krities belangrik vir die toekomstige rigting van mieliepryse

Die internasionale mielieprys sal in 2017 na verwagting grootliks gedryf word deur die impak van weerstoestande op aanplantings toestande en produksie van mielies in Suid-Amerika. Buiten vir die VSA en China, is mielievoorraad vlakke - in vergelyking met vorige jare - laag. Dìt verskaf onderlinge ondersteuning. Sou die weer in Suid-Amerika teleurstel kan dit moontlik lei tot groot mededinging in terme van globale mieliepryse.  

Die swakker geldeenhede, in vergelyking met die VSA $, stel ander uitvoerlande in staat om met die VSA mee te ding. Laagenoemde bied bykomende ondersteuning aan internasionale mieliepryse. Hoewel die produksie vooruitsigte vir Suid-Afrika verbeter het is dit steeds te vroeg om te sê wat die finale oesskatting kan wees. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 13 Desember 2016
 

Absa Agri tendens verslag 29 November 2016

Absa Agri tendens verslag 29 November 2016 

 

Krediet afgradering afgeweer, maar internasionale risikos neem toe

Biede Fitch en Moody's het hulle krediet graderings van Suid-Afrika onveranderd gehou, maar hulle het hulle ekonomiese vooruitskouiings na negatief verander, wat 'n aanduiding is dat die risiko dat Suid-Afrika nie in staat sal wees om skuld terug te betaal nie verswak het vergeleke die vorige graderings periode. Die vooruitsig is wel na negatief verander weens kommer oor Suid-Afrika se politieke risikos, standaarde van goeie regering en beleidmaking. strukturele hervorming is nodig om vertroue te herstel en belegging aan te moedig.  

Ekonomiese groeikoerse is laer as bevolkings groei, wat aandui dat Suid-Afrikaners armer word en wat rooi vlae laat wapper oor ons vermoë om buitelandse skuld in die toekoms terig te betaal. Ja, 'n afgradering is vir nou vermy, wat beteken die koste om geld te leen nie sal styg nie en dat buitelandse belegging sal verbeter. Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank het rentekoerse onveranderd op 7% gelaat verlede week. As ons die politieke spanning gunstig kan oplos, kan die Reserwe Bank moontlik die repokoers met 25 basis punte sny in 2017. Globale risikos stapel egter op. As die Trump administrasie hulle sin kry sal die VSA Federale Reserwe Bank rentekoerse verhoog wat ons Reserwe Bank sal dwing om rentekoerse in Januarie te laat styg.  

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 29 November 2016