Oesskattingsverslag November 2016

Oesskattingsverslag November 2016

  

Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,766 milj. ton, wat 1,9% of 32 300 ton meer is as die vorige skatting van 1,734 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,47 t/ha is.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 969 000 ton (55%), in die Vrystaat 308 000 ton (17%) en in die Noord-Kaap 252 000 ton (14%).

Lees verder: Oesskattingsverslag November 2016
 

Absa Agri tendens verslag 22 November 2016

Absa Agri tendens verslag 22 November 2016

  

EU pluimvee bedryf bedreig deur H5N8 virus

Die hoogs aansteeklike voëlgriep virus H5N8 versprei tans deur Europa en het reeds sover as Poland en Hongarye versprei. Die virus is ook al in Israel en Indië gevind. Dit versprei deur middel van die migrasie van watervoëls soos eende, ganse en swane. Die FAO het alle lande waarlangs migrasie roetes is gemaan om op gereedheid grondslag te wees tot April 2017. Dit sluit lande in Europa, die Midde Ooste en Wes-Afrika in.

Sedert Junie 2017 het Suid-Afrika 230 643 ton been pluimvee produkte ingevoer. Die EU se markaandeel in die plaaslike bedryf is sowat 72% en Brasilië 17%. Slegs 1809 ton van die 65 000 ton onder die korting voorsiening is van die VSA ingevoer. Die VSA se markaandeel in die Suid-Afrikaanse mark is slegs 8%. Die swak rand dra by tot beperkte invoere van die VSA.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 22 November 2016
 

Absa Agri tendens verslag 15 November 2016

Absa Agri tendens verslag 15 November 2016 

 

Konserwatiewe tendense gaan 'n impak op kommoditeitspryse en handel hê

'n Revolusionêre internasionale tendens kom tans voor en dit beïnvloed mense om meer konserwatief en beskermend te wees in terme van markte en handel. Die verkiesing van President Trump in die VSA, Brexit en Kansellier Mergel se magstryd in Duitsland plaas dit verder in die kollig. Hierdie gebeure saam met die onstabiliteit van ons eie politieke omgewing mag dalk bydra tot direkte gevolge vir ekonomiese stabiliteit wêreldwyd. Aangesien dit kan bydra tot 'n verswakking van ons wisselkoers, kan dit 'n impak op ons kommoditeitspryse hê en lei tot hoër inflasie en rentekoerse. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 15 November 2016
 

Absa Agri tendens verslag 8 November 2016

Absa Agri tendens verslag 8 November 2016 

  

Sake vertroue is steeds gebrekkig

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sal die Oktober Sake Vertroue opname resultate op die 9de November. Na die indeks sy laagste vlak in jare, 90.3, in September bereik het, verwag analiste dat die vlak van vertroue redelik gedemp sal bly. Die terugtrek van die aanklagte van bedrog teen Minister Gordhan en 'n ooreenkoms tussen die vakbond en platinum produsente, is positiewe ontwikkelings wat vrede oor die onmiddellike risikos teenwerk. Analiste is egter steeds bekommerd dat die volgehoue beleidsonsekerheid steeds 'n demper op aansienlike verbetering van sake vertroue sal plaas.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 8 November 2016
 

Absa Agri tendens verslag 1 November 2016

Absa Agri tendens verslag 1 November 2016

  

Voornemens om te plant verbeter, maar invoere steeds nodig

Die vorige jaar se droogte en kommer oor reënval voorspellings teenoor werklike reënval die seisoen lei daartoe dat produsente aangedui het dat hulle mielie aanplantings minder as verwag sal wees. Hoewel aanplantings moontlik kan herstel na die 1,95 miljoen ha wat in die vorige seisoen geplant is, is die verwagte 2,46 miljoen ha steeds onvoldoende om aan die vraag na voer in SSA-lid lande, wat Suid-Afrika insluit, te voldoen. Produsente het aangedui dat aanplantings van witmielies tot so mate sal herstel dat dit aan die vraag vir menselike verbruik sal voldoen, maar dit sal nie genoeg wees om aan die vraag vir voer te voldoen nie. Suid-Afrika sal steeds 1,2 miljoen ton geelmielies moet invoer en 520 000 ton witmielies wat geproduseer word moet gebruik om aan die vraag na voer te voldoen. 

Kopers sal 'n premie betaal, hoewel dit laer sal wees as die premie van die afgelope seisoen, om voldoende witmielies vir witmieliemeel beskikbaar te hê. Nuwe seisoen pryse vir geelmielies sal na verwagting by invoerpariteit bly. Hoewel internasionale mieliepryse op 'n rekord lae vlak is, sal ons voedselpryse steeds hoog bly weens invoer inflasie. Dus, die swakker Rand sal dus steeds sy rol vervul in terme van spesifiek vee-verwante produkte van die bees-, vark-, pluimvee- en suiwelsektor. Ons het goeie Regeringsbeleide en beleidsekerheid nodig om sake vertroue in Suid-Afrika op te bou tot voordeel van volhoubare voedselproduksie en bekostigbare voedsel. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 1 November 2016
 

Oesskattingsverslag Oktober 2016/Crop Estimate Report Oktober 2016

Oesskattingsverslag Oktober 2016/Crop Estimate Report Oktober 2016 

  

Volgens die Oesskattingskomitee se eerste verslag vir die 2016/17 seisoen, is produsente van plan om meer mielies in die komende seisoen te plant as in die vorige seisoen: 

"Volgens die resultate van die opname, is kommersiele produsente van voorneme om 2,463 milj. ha mielies vir 2017 te plant, wat 26,5% of 516 250 ha meer is as die 1,947 milj. ha aangeplant verlede seisoen. Die syfers toon dat produsente van voorneme is om 1,455 milj. ha witmielies aan te plant, wat 440 250 ha (43,4%) meer is as in die vorige seisoen. In die geval met geelmielies is die verwagte aanplantings 1,008 milj. ha, wat 76 000 ha (8,2%) meer is as in die vorige seisoen.

Produsente het aangedui dat meer mielies aangeplant sal word vir die 2017-seisoen, hoofsaaklik as gevolg van gunstige weervooruitsigte vir die nuwe seisoen, wat hopelik verligting sal bring na die vorige seisoen se droogtetoestande. Maar reënval kan steeds boere se besluite beïnvloed.

Lees verder: Oesskattingsverslag Oktober 2016/Crop Estimate Report Oktober 2016
 

Absa Agri tendens verslag 25 Oktober 2016/Absa Agri trends report 25 October 2016

Absa Agri tendens verslag 25 Oktober 2016/Absa Agri trends report 25 October 2016

  

Vorige seisoen se witmieliepryse styg met 8%

Pryse vir witmielies vir die nuwe seisoen vir lewering in Julie 2017 het met 1,4% gedaal tot R2615/ton, in vergelyking met die vorige week. Wydverspreide reënval, meer gunstige verwagte weerstoestande en die sterker Rand rus op nuwe seisoen wat in Mei 2017 ge-oes sal word) witmieliepryse. Die vorige seisoen se witmieliepryse vir lewering in Oktober het op 24 Oktober, week-op-week, met 8,7% na R3730/ton gestyg.

Witmielie invoere moet ten minste 16 346 ton per week bereik om aan die land se vraag te voldoen. Tans word 14 389 ton witmielies per week ingevoer. Dit beteken dat ons teen die einde van April 2017 nie meer genoeg witmielies wat geskik is vir menslike gebruik, beskikbaar kan hê as gehalte nie verbeter nie. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 25 Oktober 2016/Absa Agri trends report 25 October 2016
 

Absa Agri tendens verslag 18 Oktober 2016/Absa Agri trends report 18 October 2016

Absa Agri tendens verslag 18 Oktober 2016/Absa Agri trends report 18 October 2016

  

Aartappelpryse gaan na verwagting verder styg

Aartappelpryse gaan na verwagting oor die volgende paar weke, tot middel-November, styg. Verwerkers is in die mark aangesien die voorraad in die mark tans onvoldoende is om aan die vraag te voldoen. Verdere prysstyging is gedurende Desember moontlik. Verwagte vroeë reën het nog nie gerealiseer nie, en damvlakke is laag. Gevolglik kan die gebrek aan voldoende water 'n negatiewe impak op oeste hê. 

Hoewel voorspellings vir reënval baie belowend lyk, moet dit steeds voorkom soos voorspel. Aartappel aanplantings in die Oos-Vrystaat het reën nodig. Weens die onsekerheid oor die vooruitsigte vir reën het sommige produsente op die Hoëveld hulle aartappel aanplantings verminder om hulle blootstelling aan risiko te verminder.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 18 Oktober 2016/Absa Agri trends report 18 October 2016
 

Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 17 November 2016

 Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 17 November 2016

 

 

 

LANDBOUMARKVOORUITSIGTE

 

                             WERKSWINKEL

 

(Prof J Willemse, Dept .Landbou ekonomie,UV.  & Nedbank)

 

17 Nov 2016: 10h00-14h00

Bikers Church,Tempe Airport Road. Bloemfontein

Dealesville pad, afdraai  verby Bainsgame lodge (na Tempe lughawe).

Lees verder: Landboumarkvooruitsigte Werkswinkel 17 November 2016
 

Absa Agri tendens verslag 11 Oktober 2016/ Absa Agri trends report 11 October 2016

Absa Agri tendens verslag 11 Oktober 2016/ Absa Agri trends report 11 October 2016

 

Nuwe EPA ooreenkoms kan tarief-vrye invoer van 300 000 ton koring van die EU toelaat

Die nuwe EPA ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die EU sal vanaf 1 November van krag wees. Dit sluit die tarief-vrye invoer van 300 000 ton koring elke kalender jaar in.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 11 Oktober 2016/ Absa Agri trends report 11 October 2016