Absa Agri tendens verslag 4 Oktober 2016/Absa Agri trends report 4 October 2016

Absa Agri tendens verslag 4 Oktober 2016/Absa Agri trends report 4 October 2016

 

Inflasie bo 6% gaan streng monitêre beleid vereis

Internasionaal het die werklike BBP vir die 2de kwartaal van 2016 2,8% bereik, in vergelyking met Suid-Afrika se verassende 3,3% in Suid-Afrika. Na verwagting gaan Suid-Afrika se groei in die 3de kwartaal na 0,5% daal, terwyl dit internasionaal na 3,7% gaan styg. In die VSA word verwag dat BBP-groei na 2% vir die res van 2016 gaan styg. Dit sal die Federale Reserwe Bank se hangende besluit om rentekoerse (in die VSA) met 25 basispunte te verhoog, steun. 

In SUid-Afrika het BBP-groei van 1,3% in 2015 gedaal na 0,4% in 2016. Na verwagting sal groei in 2017 weer toeneem en 1,1% bereik. Verbruikers betaal meer met inflasie wat verhoog het van 4,6% in 2015 na 'n geskatte 6,4% in 2016. Na verwagting kan inflasie in 2017 wel na 5,5% daal. Die Reserwe Bank se mandaat is om inflasie onder 6% te hou en die waarde van die rand te beskerm. Ons kan dus verwag dat die Reserwe Bank hulle monitêre beleid strenger gaan toepas in die volgende ses maande deur die repo-koers, vroeër of later, met nog 25 basispunte te verhoog.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 4 Oktober 2016/Absa Agri trends report 4 October 2016
 

Absa Agri tendens verslag 27 September 2016/Absa Agri trends report 27 September 2016

Absa Agri tendens verslag 27 September 2016/Absa Agri trends report 27 September 2016

  

Die onmiddellike vooruitsig vir die Rand en die wisselkoers verbeter

Soos wat algemene inflasie vooruitsig verbeter, het die Reserwe Bank die rentekoers onverandered op 7% gelaat. Gevolglik bly die prima koers 10,5%. Ons verwag dat rentekoerse met sowat 25 basispunte verhoog kan word, wat 'n prima koers van 10,75% in 2017 kan beteken. Die rand het verlede week versterk na R13,60 en selfs sterker vlakke. Ons verwag dat die rand teen R15,20 sal verhandel teen die einde van 2016, in vergelyking met vorige verwagtinge van R16 teenoor die Dollar. 

Dit kom voor of die makro omgewing 'n positiewe draai geneem het. Ons (SA) oortrokke rekeninge het verbeter, wat beteken die terme van handel het verbeter. Beleggings het toegeneem, wat die uitvloei van belegging uitkanselleer. Die totale balans van betalings het verbeter, wat die sterker Rand ondersteun. Met dit alles in ag genome staar ons steeds onsekerheid oor Minister Pravin Gordhan die gesig, kan Brexit steeds moontlike 'n negatiewe impak op ons uitvoere hê, staar ons steeds 'n moontlike krediet afgradering in die gesig, en 'n rentekoers verhoging deur die VSA Reserwe Bank kan 'n impak op ekonomiese groei hê.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 27 September 2016/Absa Agri trends report 27 September 2016
 

Oesskattingsverslag September 2016/Crop Estimate Report September 2016

Oesskattingsverslag September 2016/Crop Estimate Report September 2016

  

Finale Oesskattingsverslag vir die 2015/16 somergewas-oes

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 7,537 miljoen ton gestel, wat 3,29% of 239 850 ton meer is as die vorige skatting van 7,297 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 1,947 miljoen ha, terwyl die geskatte opbrengs 3,87 t/ha is.

Die produksieskatting van witmielies is 3,254 miljoen ton, wat 5,05% of 156 550 ton meer is as die 3,097 miljoen ton van verlede maand. Die geskatte opbrengs van witmielies is 3,21 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,283 miljoen ton, wat 1,98% of 83 300 ton meer is as die 4,200 miljoen ton van die vorige skatting.

Lees verder: Oesskattingsverslag September 2016/Crop Estimate Report September 2016
 

Absa Agri tendens verslag 20 September 2016/Absa Agri trends report 20 September 2016

Absa Agri tendens verslag 20 September 2016/Absa Agri trends report 20 September 2016

  

Verbruikers verwag dat voedselprys inflasie teen 2017 sal verlangsaam

Die jaar-op-jaar waarde van landbou invoere het byna verdubbel vir Junie en Julie. Dit het tot gevolg gehad dat die handelsbalans vir landbou in Julie laer was in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar. Weens die droogte en die swakker Rand, het die totale invoerwaarde van grane, oliesade en selfs groente gestyg. Die prys van mieliemeel het jaar-op-jaar in Julie met meer as 40% gestyg, sonneblomsaad-olie met 39% en aartappels met 36%.

Die pryse van intensiewe lewende hawe produkte soos bees borsstuk (10%), pluimvee (6,6%) en melk (7,3%) het nie teen dieselfde vlakke gestyg nie. As gevolg van (al die stygings), is voedselinflasie 11,5% in vergelyking met algemene inflasie van 6,1%. Reënval vooruitsigte het verbeter en na verwagting sal die produksie van grane en oliesade verbeter vanaf Mei 2017. Mieliepryse sal in die nuwe seisoen meer as 23% laer verhandel. Laer graan en oliesaadpryse sal 'n positiewe impak op voedselpryse in 2017 hê.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 20 September 2016/Absa Agri trends report 20 September 2016
 

Absa Agri tendens verslag 13 September 2016/Absa Agri trends report 13 September 2016

Absa Agri tendens verslag 13 September 2016/Absa Agri trends report 13 September 2016

   

Beleggers hou wakende oog oor die volgende risikos in Sub-Sahara-Afrika 

Sou Brexit tot 'n ekonomiese krisis in die EU lei, sal Sub-Sahara-Afrika lande (SSA) met hoë diensskuld kostes (soos Mosambiek en Angola) ernstiglik deur 'n globale afswaai in ekonomiese groei beïnvloed word. Tweedens, as die swak ekonomiese groei in China voortduur, sal dit die pryse van kommoditeite soos koper van Zambië en die DRK negatief affekteer. Derdens, as die VSA Federale Rewerse (Bank) besluit om rentekoerse te verhoog, sal dit effek daarvan na SSA lande uitkring. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 13 September 2016/Absa Agri trends report 13 September 2016
 

Absa Agri tendens verslag 6 September 2016/Absa Agri trends report 6 September 2016

Absa Agri tendens verslag 6 September 2016/Absa Agri trends report 6 September 2016

 

Verbeterde reënval kan bydra tot laer inflasie

In vergelyking met die derde kwartaal van 2016, word verwag dat die PPI inflasie jaar-op-jaar van 6.1% tans na 6.5% sal verhoog. Neem kennis dat inflasie na verwagting in die eerste kwartaal van 2017 na 5,9% sal verlaag, en in die tweede kwartaal na 5,2%. Die weervooruitsigte vir die nuwe seisoen het aansienlik verbeter, in vergelyking met die situasie tans. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 6 September 2016/Absa Agri trends report 6 September 2016
 

Absa Agri tendens verslag 31 Augustus 2016/Absa Agri trends report 31 August 2016

Absa Agri tendens verslag 31 Augustus 2016/Absa Agri trends report 31 August 2016

  

Die rand is onder druk om onlangse sukses te verloor

Politieke spanning rondom Pravin Gordhan, Minister van Finansies, en die vrystelling van sleutel maandeinde data het implikasies vir die rand en effektemark. Die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) ontken dat hulle besluit het om spesifieke aanklagte teen Gordhan na hulle 'n dossier van die Valke ontvang het.

Tweedens dui kommentaar deur Tania Yellen, voorsitter van die VSA se Federale Reserwe Bank, aan dat 'n rentekoersverhoging in die onmiddellike toekoms kan volg as indiensneming data vir Augustus 2016 - wat eerskomende Vrydag, 2 September 2016, vrygestel word - so 'n verhoging steun.

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 31 Augustus 2016/Absa Agri trends report 31 August 2016
 

Oesskattingsverslag Augustus 2016/Crop Estimate Report August 2016

Oesskattingsverslag Augustus 2016/Crop Estimate Report August 2016 

  

Agtste oesskattingsverslag vir die 2015/16 seisoen

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 7,297 miljoen ton gestel, wat 0,48% of 35 100 ton meer is as die vorige skatting van 7,262 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 1,947 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,75 t/ha is.

Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 3,097 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,05 t/ha is. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,2 miljoen ton, wat 0,84% of 35 100 ton meer is as die 4,165 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 4,51 t/ha.

Lees verder: Oesskattingsverslag Augustus 2016/Crop Estimate Report August 2016
 

Absa Agri tendens verslag 23 Augustus 2016/Absa Agri trends report 23 August 2016

Absa Agri tendens verslag 23 Augustus 2016/Absa Agri trends report 23 August 2016

      

Tegnologie sal 'n sleutelrol in internasionale voedselsekerheid vervul

Tegnologie sal toenemend 'n belangrike rol vervul in landbou voedselproduksie in die wêreld se wedloop om aan die groeiende vraag na voedsel te kan voldoen. Wisselvallige weerpatrone, soos die droogte, sowel as wisselvalligheid in landbou kommoditeitsmarkte, het weereens die kollig op die kwessie van internasionale voedselsekerheid geplaas. Hierdie faktore het kommer oor die planeet se vermoë om sy bevolking van 7 miljard te voed na vore laat tree. 

Hierdie syfer sal na verwagting die 10 miljard merk teen 2050 bereik, met die meeste van dié groei wat na verwagting van ontluikende ekonomieë sal kom. Die gebruik van nuwe tegnologie sal wel van die risikos van voedselsekerheid kan verminder, met die gebruik van onlangse tegnologiese vooruitgang wat reeds die produktiwiteit van sekere kommoditeite verbeter het. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 23 Augustus 2016/Absa Agri trends report 23 August 2016
 

Absa Agri tendens verslag 16 Augustus 2016/Absa Agri trends report 16 August 2016

Absa Agri tendens verslag 16 Augustus 2016/Absa Agri trends report 16 August 2016

      

Die sterk Rand kan dieselkostes verlaag, maar ook internasionale verdienste

Die sterk rand bied geleenthede vir laer dieselkostes. Aan die anderkant spekuleer produsente van uitvoerprodukte hoe hulle hulle uitvoerverdienste die beste kan bestuur. Die rand kan verswak indien die Federale Reserwe Bank in die VSA rentekoerse in September verhoog. Tweedens, Brexit kan teen die einde van 2016 handelsvloei begin belemmer. 

In kontras daarmee is internasionale beleggers daarop uit om opbrengste op hul beleggings aan te teken. Hulle vind dit in opkomende markte. Dit dra by tot 'n sterker rand. Suid-Afrika se onlangs verbeterde terme van handel het waardevolle verdienste uit uitvoere aangeteken. Internasionale beleggers is meer positief oor belegging in Suid-Afrika. 

Lees verder: Absa Agri tendens verslag 16 Augustus 2016/Absa Agri trends report 16 August 2016