Agbiz/IDC landboubesigheidvertroue-indeks daal verder in 3de kwartaal

Agbiz/IDC landboubesigheidvertroue-indeks daal verder in 3de kwartaal 

       

Die derde kwartaal resultate van die Agbiz/IDC landboubesigheidvertroue-indeks onderstreep die sektor se reputasie om teensikliese te wees. Alhoewel vertroue in ander sektore van die ekonomie gedemp bly, is die landboubesigheidsektor steeds optimisties oor die handels toestande in die land, alhoewel dit in die derde kwartaal marginal gedaal het. Nadat die indekspunt in die tweede kwartaal van die jaar met een indekspunt gedaal het, het die Agbiz/IDC landboubesigheidsvertroue-indeks verder met twee indekspunte in die derde kwartaal tot 54 punte gedaal.

Lees verder: Agbiz/IDC landboubesigheidvertroue-indeks daal verder in 3de kwartaal
 

Santam Landbou: Klimaat en Landbou toestande 4 September 2017

Santam Landbou: Klimaat en Landbou toestande 4 September 2017

     

Johan van den Berg

Punte van belang:

bullet Reën-toestande oor Somerreënvalgebied begin baie verbeter vanaf middel Oktober.
bullet Nog hoop vir reën in die Wes-Kaap

1. Huidige toestande

Ligte reën het in die tweede gedeelte van Augustus 2017 oor die Oostelike en Noord-Oostelike dele van die Somerreënvalgebied begin voorgekom wat die eerste somerreënval is. Verdere ligte neerslae het ook oor die Wes- en Suidkaap voorgekom maar dit is steeds nie voldoende om die droogte te breek nie.  Die afgelope maand is gekenmerk deur baie sterk en aanhoudende winderige toestande oor die grootste deel van die land wat “normaal” is vir Augustus. Dit is tekenend van die oorgang van seisoene met koue fronte wat baie vinnig oor die land beweeg het.
Die volgende is kritiese risiko’s waarna opgelet moet word vir September: 

bullet Droogtetoestande van wintergrane en veral koring in die Wes-Kaap
bullet Die gevaar vir ryp en koue toestande vir koring en vrugte in veral die binnelandse produksiegebiede soos die Noord-Kaap se besproeiingsgebiede

Somergewasaanplantings gaan eers vanaf Oktober begin plaasvind.

Lees verder: Santam Landbou: Klimaat en Landbou toestande 4 September 2017  

Ombudsman ondersoek na SAID uitbetalings

Ombudsman ondersoek na SAID uitbetalings

        

Vrystaat Landbou (VL) hanteer al vir meer as twee jaar klagtes van ons lede oor trae uitbetalings van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), en raad oor hoe om die betalings te hanteer, is in ons Mei en Junie 2017 Nuusflitse gedeel.

Luidens ’n berig op Fin24.com, het ’n ondersoek deur die Ombudsman bevind dat die stelsel die oorsaak van trae uitbetalings is: 

The Tax Ombud has found that the system of the South African Revenue Service is behind the delayed payment of refunds to taxpayers.

According to a report released by the Tax Ombud, based on an investigation into delayed payment of refunds, Judge Bernard Ngoepe concluded that the delayed payments is a systemic issue.

The investigation looked at complaints which extend as far back as when the office was first formed in 2013, Ngoepe previously told Fin24. He also told Fin24 that the issue was related to mechanisms applied by the tax authority and not governance.

Some complaints are related to SARS failing to follow standard operating procedures for bank details of taxpayers which have changed.

“It is clear that the system allows for SARS to unduly delay the payment of verified refunds to taxpayers in certain circumstances. This has become a systemic issue. The system does not sufficiently protect taxpayers,” Ngoepe said in the report.

Lees verder: Ombudsman ondersoek na SAID uitbetalings
 

Absa Agri Graan, Oliesade, Vee en Groente verslag - 1 September 2017

Absa Agri Graan, Oliesade, Vee en Groente verslag - 1 September 2017

    

Dryf die reuse mielie-oes jou in ‘n hoek in?

Die nasionale Oesskattingskomitee het in hulle 7de oesskatting hulle verwagting vir witmielie produksie met 146 500 ton (1,54%) verhoog, en geelmielie produksie met 297 675 ton (4,16%). Die grootte van die totale mielie-oes is op 16,4 miljoen ton gestel, dis 2,78% hoër.

Beide wit- en geelmielie pryse gaan oor die langtermyn na verwagting sywaarts beweeg (komende maande); die meeste veranderinge sal hoofsaaklik deur internasionale wisselvalligheid en bewegings van die Rand gedryf word. Minimale prysbewegings het op die mielie markte voorgekom met die vrystelling van die nuutste Oesskatting verwagting, aangesien die mark die reuse oes reeds in ag geneem het. Suid-Afrika ondersoek steeds die moontlikheid van uitvoere van die groot oes, om ’n baie groot hoeveelheid oordrag voorraad te voorkom.

Enige groot prys besluite/tendense sal heel moontlik voorkom sodra daar sekerheid in die mark kom oor mielie aanplanting besluite deur produsente.

Lees verder: Absa Agri Graan, Oliesade, Vee en Groente verslag - 1 September 2017
 

Oesskattingsverslag Augustus 2017

Oesskattingsverslag Augustus 2017 

   

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 16,413 milj. ton gestel, wat 2,78% of 444 175 ton meer is as die vorige skatting van
15,969 milj. ton. Dit is die grootste mielie-oes nog geproduseer in die geskiedenis van SA.

Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,629 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 6,24 t/ha is – ook die hoogste opbrengs ooit.
Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2017-oes produseer.

Lees verder: Oesskattingsverslag Augustus 2017
 

Absa Agri Graan, Vee, Vesel en Oliesade verslag - 25 Augustus 2017

Absa Agri Graan, Vee, Vesel en Oliesade verslag - 25 Augustus 2017

         

Werk swak ekonomiese groei teen!

Wat kan produsente doen om swak ekonomiese groei teen te werk? In die eerste plek is dit belangrik om kennis te neem van die veranderende tendense in jou uitvoermarkte. Produsente moet hul ondernemings aanpas volgens globale markontwikkelings. China se strategieë word toenemend deur invoertendense gelei, in vergelyking met die VSA se fokus op uitvoergroei. Volg hierdie tendense en pas jou produksie- en bemarkingstrategieë daarvolgens aan.

Tweedens, moenie die nuutste tegnologiese vooruitgang misloop nie. Deur die nuutste bewese tegnologieë aan te neem, kan produsente beter presteer as hulle internasionale mededingers wat regeringsondersteuning geniet. Derdens, verminder jou blootstelling aan krediet as dit onnodig hoog is. Laastens, ondersteun die versterking van onafhanklike demokratiese instellings, maak slim en wyse besluite en moenie die vloei van goeie besigheidsidees stop nie. Laasgenoemde is die belangrikste enjin om rykdom te skep.

Lees verder: Absa Agri Graan, Vee, Vesel en Oliesade verslag - 25 Augustus 2017