Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017

      

Word die sojaboonbedryf op sy optimale vlak bedryf?

Definitief nie!

Suid-Afrika is steeds‘n netto invoerder van sojaboonmeel/oliekoek, al plant ons produsente meer sojabone (SA gaan na verwagting ’n rekord sojaboon oes hê in die seisoen). Die oliesaad verwerkingsbedryf se kapasiteit het die afgelope paar jaar toegeneem, maar die plaaslike vraag na plaaslik vervaardigde sojameel ontbreek.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 7 Julie 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017

    

Om die logistiek gereed te kry om die verwagte mieliesurplus te beweeg

Suid-Afrika het 'n potensiële ongeveer 4,1 miljoen ton mielies in totaal beskikbaar vir uitvoere. Die land beskik oor voldoende infrastruktuur om die komende oes te kan hanteer. Die bedryf se deelnemers aan die uitvoerprogram reken dat die hawefasiliteite van Durban en Oos-Londen, tesame met spoor- en padvervoer, die volle beoogde oes sal kan hanteer.

Van die uitdagings wat die logistiek van die oes in die gesig staar, is:

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 29 Junie 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017

  

Produsente moet vermoedelike voorvalle van voëlgriep aanmeld

Na die onlangse uitbrekings van die H5N8 Avian Influenza virus onder hoenders in Suid-Afrika, is die ge-affekteerde plase onder kwarantyn geplaas en die die proses om die ge-affekteerde diere op dié plase van kant te maak, is onderweg as deel van pogings om verdere verspreiding van die virus te beperk. Monsters van diere op plase binne ’n 3 km radius van die van HPAI plase word getoets, en plase binne ’n 30 km radius word gemonitor vir tekens van die siekte.

Tans is nog geen geval van HP H5N8 in volstruise gerapporteer nie, maar aangesien daar met volstruise buite geboer word, is daar 'n groot risiko dat dit die volstruisbedryf kan beïnvloed. Dit is ook onbekend hoe hierdie virus volstruise sal beïnvloed, terwyl dit bekend is dat pluimvee van die siekte vrek. Intussen moet produsente die pluimvee se voerinname monitor, op die uitkyk wees vir groen urine en die algemene gesondheid van volstruise nagaan. As daar verdagte gevalle opgemerk word, word produsente aangemoedig om die vermeende gevalle aan te meld. Dié voëlgriep is nog nooit in kommersiële hoenders in Suid-Afrika aangetref nie, alhoewel dit al in volstruise in albei lande gevind is.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 29 Junie 2017
 

Oesskattingsverslag Junie 2017

Oesskattingsverslag Junie 2017

    

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 15,631 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,629 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,95 t/ha is.

Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2017-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,643 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 985 500 ha.

Lees verder: Oesskattingsverslag Junie 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017

   

Voëlgriep-uitbraak in Suid-Afrika gerapporteer

Volgens 'n persverklaring deur Astral Foods Limited (Astral), is die eerste uitbraak van Voëlgriep (AI) aangemeld. ’n AI-stam, bekend as H5N8, is op een van Astral se plase in die Villiers-distrik in die Vrystaat geïsoleer.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPD) het voorheen aangedui dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), akademici, private veeartse en die bedryf vasberade is om te werk aan verskeie metodes wat die waarskynlikheid van vroeë opsporing sal verhoog. SAPA het ook aangedui dat dit landbouers ook sal herinner aan bio-sekuriteitsvereistes.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 23 June 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017

   

Koringtarief hersiening uitkoms uiteindelik hier!

Die vorige koring invoertarief van R1591.40/ton wat op 24 Mei 2015 ge-aktiveer is, is eers na 12 weke gepubliseer, en daarna is die huidige tarief van R1190.20/ton eers sewe weke na dit ge-aktiveer is gepubliseer. Die nuutste tarief van R1371.75/ton wat op 18 April 2017 ge-aktiveer is, is na nege weke steeds nie gepubliseer nie.

Intussen het die koringprys op 20 Junie 2017 van $ 189/ton na $ 244/ton toegeneem. Die styging het die nuwe tariefvlak hersiening ge-aktiveer.

Die Internasionale Handelsadministrasie Kommissie (ITAK) het vanoggend (Vrydag, 23 Junie 2017) 'n verslag vrygestel, waarvolgens aangedui is dat van vandag af die invoer tarief R947.21/ton sal wees (verminder met R242.98).

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 23 Junie 2017