Absa Agri Graan en Groente verslag - 19 Mei 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 19 Mei 2017

     

Marges van sojaboon verwerkers begin herstel

Marges van verwerking van sojaboon verwerkers was sedert November 2015 onder geweldige druk. Dit was weens die toename in die plaaslike produksiepryse van sojabone. Gedurende Maart (verslag gedateer 7 Maart 2017) het ons aangedui dat verwerkers sojabone verwerk teen ’n verlies van R1000/ton en meer. Sedertdien het die mark toestande vir verwerking tot so mate herstel dat ’n positiewe marge begin realiseer het wat bydra tot ‘n positiewe marge van tot R225/ton.

 

Na verwagting gaan die rand verder verswak na R14,50 teenoor die VSA $ teen die einde van Junie en tot R15 teenoor die VSA $ teen die einde van Desember 2017. Dit kan bydra tot ’n verhoging van 11% in die koste vir olie en oliekoek. Die verwagte verhoging in boon koste is net sowat 6%, wat dus aandui dat die verwerkingsmarge waarskynlik kan herstel tot en met die einde van 2017.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 19 Mei 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 16 Mei 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 16 Mei 2017

      

Positiwiteit in die Namibiese veemark uit Suid-Afrikaanse mark oorgespoel

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse speenkalfpryse het die afgelope weke goeie winste behaal weens verbeterde vraag en ‘n daling in voorraad beskikbaar in die mark. Hierdie sterk vraag is ook goeie nuus vir die Namibiese produsente, met die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse mark wat in hierdie mark oorgaan. Speenkalfpryse in Namibië volg ook 'n opwaartse neiging, hoofsaaklik as gevolg van die hoë aanvraag na Namibiese speenkalwers in Suid-Afrikaanse voerkrale, waarvoor die meeste van die Namibiese speenkalwers bestem is.

Die nuutste data dui daarop dat die Namibiese speenkalfpryse in Maart 2017 met 20% gestyg het, van N$17,59/kg in Februarie 2017 tot 'n hoogtepunt van N$21,08/kg. As gevolg van die herbou van kuddes deur Suid-Afrikaanse produsente, word baie speenkalwers teruggehou. Dit bied 'n geleentheid vir Namibiese speenkalwers om dié spasies op te neem, en vandaar die styging in pryse. Die styging in pryse is 'n welkome verligting vir die Namibiese produsente.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 16 Mei 2017
 

Oesskattingskomitee: Finale area en oesskatting vir die 2016 wintergraan periode

Oesskattingskomitee: Finale area en oesskatting vir die 2016 wintergraan periode

  

Tydens 'n vergadering wat op 12 Mei 2017 gehou is, het die Oesskattings Skakelkomitee (CELC) toesig gehou oor die proses waarvolgens die finale produksiesyfers vir die kommersiële koring, moutgars en kanola vir 2016 vasgestel is.

In vergelyking met die syfers wat die Oesskattingskomitee in Februarie 2017 bekendgestel het, is die kommersiële koring-oes nou 1,91 miljoen ton, wat 460 ton of 0,2% meer is as die finale oesskattingsyfer van 1,909 540 is.

Lees verder: Oesskattingskomitee: Finale area en oesskatting vir die 2016 wintergraan periode
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 10 Mei 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 10 Mei 2017

    

Ekonomiese verwagtinge vir 2017

Ekonomiese groei sal in 2017 na verwagting gemiddeld met 1,1% styg in vergelyking met 0,7% in 2016. Met lae ekonomiese groei en moontlike verdere afgraderings word verwag dat die rand na R14,50 kan verswak teen die einde van Junie, na R15 teen die einde van die jaar en R16,30 teen die einde van 2018. Beleidsonsekerheid sal na verwagting toeneem gedurende die res van 2017, wat kan bydra tot die verdere krediet afgradering.

Volgens die Reserwe Bank gaan rentekoerse nie verhoog soos wat vroeër verwag is nie. Die verswakking van die rand kan kommoditeitspryse ‘n hupstoot gee, maar dit kan lei tot verhoogde pryse vir verbruikers goedere en bransdstof. Buiten vir stapel voedselsoorte soos wit mielies, kan pryse vir proteïen voedselsoorte hoog bly in 2017.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 10 Mei 2017
 

Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Mei 2017

Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Mei 2017

    

Onsekerheid oor die koringtarief

Sodra die nuwe tarief in ag geneem word, moet dit eers goedgekeur en in die Staatskoerant gepubliseer word. Met die aktivering van die tarief op R1591,40 op 24 Mei 2015, is dit eers 12 weke later in die Staatskoerant gepubliseer. Die vorige tarief van R1 190,20 is eers sewe weke na dit ge-aktiveer is, gepubliseer.

Meer onlangs is die tarief op 18 April 2017 ge-aktiveer, en dit sal na verwagting eers na 6 weke gepubliseer word, wat beteken die mees onlangse tarief sal eers op 5 Junie 2017 in die Staatskoerant gepubliseer sal word. Dit kan tans te laat wees om produsente te adviseer om meer koring te plant gebaseer op die hoër tarief.

Lees verder: Absa Agri Graan en Groente verslag - 9 Mei 2017
 

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 Mei 2017

Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 Mei 2017

         

Proses onderweg vir 'n kontant Merino-wol termynkontrak

Die JSE het aangekondig dat hulle nou met Cape Wools SA saamwerk om ’n Merino-wol termynkontrak daar te stel. Die onderliggende instrument sal Merino vag wol wees, soos vasgelê op 'n indeksbasis en soos verteenwoordig deur die Merino Wool Indikator.

Die termynkontrak sal met kontant vereffen word, sonder fisiese aflewering. Die kontrakmaande sal Maart, Junie, September en Desember wees. 'n Amptelike produk bekendstelling word vir Junie 2017 beoog.

Lees verder: Absa Agri Vee en Vesel tendens verslag - 4 Mei 2017