Droogte-opname: Ernstige krisistoestande in landelike gebiede

25 Januarie 2019

Voedselsekerheid is ’n moeilik bekombare voorreg – wat maklik weens die voortslepende droogte verlore kan gaan. Agri SA sal belanghebbendes saambring om boere en plaaswerkers in droogte geteisterde gebiede te ondersteun. Stygende voedselpryse, wanvoeding en voedsel-ongelykheid wag vir ons indien daar nie nou iets gedoen word nie. Bedryfsorganisasies is bekommerd oor die impak wat dit op kommoditeitspryse en gevolglik op boere en verbruikers sal hê.

Agri SA het ’n opname in Desember 2018 onder ons lede gedoen, om ’n akkurate assessering van die impak van die droogte op boerdery en werkskepping te verkry.

Lees verder: Droogte-opname: Ernstige krisistoestande in landelike gebiede
 

VL op soek na 24ste Jongboer van die Jaar


Nelius Ferreira, Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar vir 2018. Foto: 3’kie’s Fotografie

Daar is nog baie ander briljante jong landbouers, wat beter produsente as hy is, wat die fakkel moet oorvat en die beeld van landbou in Suid-Afrika verder kan uitbou. Só het Nelius Ferreira, Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar vir 2018, gesê.

Volgens die Bonsmara-boer van Harrismith is dit juis interaksie met ander jong landbouers soos sy mede-finaliste van verlede jaar, Hendrik Theron, Reece Dedwith en Wessel Hattingh, wat hom moed gee vir landbou in Suid-Afrika.

VL is op soek na sy 24ste wenner van die prestige kompetisie. Dit is die eerste keer in 1996 aangebied. Die organisasie doen ’n beroep op alle jong landbouers, hul vriende en familie om seker te maak die beste kandidate is vanjaar finaliste. Inskrywings sluit 31 Januarie 2019.

Lees verder: VL op soek na 24ste Jongboer van die Jaar