Nuusflits November 2017 - Die wrede werklikheid - Plaasaanvalle April 2016 tot November 2017

Die wrede werklikheid - Plaasaanvalle April 2016 tot November 2017 

 

Volgens Vrystaat Landbou (VL) se databasis het daar 48 plaasaanvalle sover die finansiële jaar vanaf 1 April 2016 tot en met 28 November 2017 in die Vrystaat plaasgevind. Agtien 18 in die Noord-Vrystaat, 13 in die Oos-Vrystaat en 17 in die Suid-Vrystaat.  Die hoë misdaad areas in die afgelope finansiële jaar tov plaasaanvalle is Clocolan (5) en Bloemfontein (5), gevolg deur Ficksburg, Hoopstad en Theunissen elk 3 insidente beleef het.  Boerdery gemeenskappe in die volgende dorpe het 2 insidente sedert April 2017 gehad nl Bothaville, Kroonstad, Ladybrand, Marquard, Tweespruit, Vredefort.  Die dorpe wat langs die RSA/Lesotho grens geleë is, het 48 aanvalle beleef nl Clocolan, Ficksburg en Ladybrand. Sewe-en-twintig (27) van die 84 dorpe in die Vrystaat het plaasaanvalle in boerdery gemeenskappe die afgelope finansiële jaar ervaar.

Maande van die jaar: Die maande van die finansiële jaar waartydens die meeste aanvalle plaasgevind het, is Augustus (12) en Oktober (8).

Tipe geweldsmisdade: In die finansiële jaar was daar 6 moorde, 3 op produsente in Ficksburg, Ladybrand, Wepener en 3 op werkers/bewoners op plase in Ficksburg, Jagersfontein en Theunissen. Van die 48 aanvalle was 30 op produsente, 3 op beide produsent en werkers terwyl 15 werkers/bewoners op plase was wat geteiken is. Nege (9) aanvalle was op kleinhoewes terwyl die oorgrote meerderheid op plase plaasgevind het. Verdere geweldsmisdade wat deel vorm van die definisie van plaasaanvalle is poging tot moorde (11) gevolg deur huis- of besigheids roof (gewapende rowe – 32); verkragting (1); aanranding met die opset om ernstig te beseer (ETB) (1).

Dag van die week: Die prominentste dag van die week wanneer aanvalle plaasvind is Dinsdae (9) gevolg deur Donderdae (8) met Maandae en Saterdae met elk 6 insidente. 

Tyd van dag/nag: Die meeste aanvalle 23/48 vind in die tydgleuf van daglig plaas (06:00-18:00) terwyl 12/48 in die voornag (18:00-24:00) plaasvind.   

Slagoffer analise: in 20/48 aanvalle is 2-6 slagoffers aangeval, dus nagenoeg 41.67% van aanvalle is meer as 1 persoon aangeval. 30 slagoffers was jonger as 50 jaar oud.

Oortreder analise: In 23 (47.92%) aanvalle was daar 2-3 aanvallers wie dit gepleeg het, terwyl in 15  aanvalle was daar 4-6 aanvallers terwyl in 5 aanvalle die getal aanvallers nie bekend is nie.

Tipe instrument gebruik in aanvalle: in 33/48 aanvalle is ‘n vuurwapen deur oortreders gebruik (68.75%).

Tipe items geteiken: 10/48 aanvalle is kontant geroof, in 12 aanvalle is selfone geroof; 8/48 vuurwapens geroof; terwyl in 10 insidente niks geroof is nie.

Hoe oortreders van toneel vlug: In 11/48 plaasaanvalle is ‘n voertuig gebruik om na en van die toneel te beweeg deur oortreders. In 9 aanvalle het hul gevlug met slagoffer se voertuig.

Waar aanvalle plaasvind: 19/48 aanvalle het binne wonings plaasgevind deurdat slagoffers oorval is deur aanvallers (nie gehoor het hoe hul huis betree het, dmv venster/diefwering/veiligheids hek oopgebreek); 12/48 moontlik agv nalatigheid (maak deur oop wanneer klop aan deur; deure staan oop; gaan uit wanneer honde blaf, krag afgesit word, pomp gaan afsit, ens);

Arrestasies: 15/48 aanvalle is arrestasies uitgevoer deur SAPD in samewerking met landbouers wie mobiliseer en paaie afsper (oortreders binne hou en/of siviele arrestasies uitvoer). Daar kon wel in-tussen arrestasie uitgevoer wees deur SAPD wat nog nie bygevoeg is op die databasis nie.