Nuusflits November 2017 - 10 Punt Plan vir groter veiligheid op plase/kleinhoewes in die Vrystaat

 

10 Punt Plan vir groter veiligheid op plase/kleinhoewes in die Vrystaat 

 

Landbouers word versoek om veral mbt die Feesseisoen wanneer daar ‘n toename in misdade te bespeur word, te let op hul veiligheid.  Die VKB VL veiligheids lessenaar het 10 punte saamgestel wat van kardinale belang is waardeur elke lid eerstens moet fokus op ‘n bemagtigende omgewing ter voorkoming van ernstige gewelds- en eiendoms verwante misdade op landbougrond.

  1. Bemagtig uself met VOORAF INLIGTING EN KENNIS om na u eie veiligheid om te sien – neem EIENAARSKAP (veiligheid begin eerstens by uself);
  2. BRONNE VAN INLIGTING op plase is werkers/bewoners wat benut moet word; WEET WIE U IN DIENS HET, dus integriteits keurings (kriminele rekord “check”) tov alle werkers en of bewoners op plase is van kardinale belang;
  3. Groter INSKAKELING EN BETROKKENHEID van landbouers in die LBP tov gesamentlike misdaad voorkomings aksies in landbou gemeenskappe met SAPD;
  4. KAMERA STELSELS in direkte/indirekte omgewing om woning vir identifisering van vooraf beweging;
  5. ALLE MISDAAD VERWANTE INLIGTING moet deurgegee word na VL Landelike Veiligheid vir verdere skakeling na intelligensie strukture;
  6. ALLE MISDADE op landbougrond moet AANGEMELD word – verwantskap tussen eiendomsverwante misdade (EVM) en ernstige gewelds misdade (EGM - plaasaanvalle)
  7. GOEIE VERHOUDING TUSSEN SAPD, georganiseerde landbou, landbouers en werkers/bewoners op plase op alle vlakke
  8. BYWONING VAN MAAND/CLUSTER vergaderings tov beplanning van wit/blou lig patrollies/misdaad voorkomings operasies, terugvoer op aangemelde sake en impak/omvang van misdade op landbougrond;
  9. Gebruik KLAGTE KANAAL tov bevel/beheerlyn indien diensleweringsprobleme ervaar met SAPD
  10. Gebruik AGRISECURITAS BEFONDSING vir veiligheids toerusting in landelike gebiede