Nuusflits November 2017 - Nuwe Mediabeampte / Webjoernalis

Nuwe Mediabeampte / Webjoernalis 

 

Jóhann Thormählen is aangestel as nuwe mediabeampte / webjoernalis in die plek van Alani Janeke. Hy begin 1 Desember 2017.

Jóhann is tans werksaam by die Universiteit van die Vrystaat se Kommunikasie en Handelsmerk afdeling. Hy is ‘n vryskut radio rugbykommentator vir die SAUK (RSG). Hy beskryf homself as hardwerkend en toegewyd, met ‘n oog vir detail.

Vrystaat Landbou sien uit daarna om Jóhann in die landbou familie te verwelkom!