Nuusflits November 2017

Nuusflits November 2017 

 

 

 


Vrystaat Landbou Spesiale Kongres  

Tydens die afgelope Kongres van Vrystaat Landbou op 10 & 11 Augustus 2017, is die nuwe voorgestelde struktuur deur die Kongres goedgekeur. 

Daar is verder besluit dat ‘n spesiale Kongres vroeg in 2018 byeengeroep sal word om die nuwe struktuur te wettig.  Die besonderhede van die Spesiale Kongres is as volg:

Datum:                                7 Februarie 2018

Registrasie:                         09:30 – 10:00

Plek:                                    Bavaria Saal, OUD STUDENTE (Ingang is oorkant Vrystaat Landbou se kantoor in Nobelstraat, Brandwag, Bloemfontein)

 

Sperdatum vir registrasie:  19 Januarie 2018

Doel van die Spesiale Kongres is dus tweërlei, naamlik:

  1. Konstitusionele veranderinge met betrekking tot VL se nuwe struktuur, wat aanvaar is by Augustus 2017 kongres, goed te keur.
  2. Die Raad van VL se nuwe struktuur te verkies.

 

Die Oproep tot Kongres is op ons webtuiste beskikbaar by -  http://bit.ly/2k4y0Pt of kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

 


 

Henk Vermeulen sê dankie! 

Die afgelope byna 11 jaar by Vrystaat Landbou was vir my en my gesin ’n voorreg om saam met u almal te kon trek en stuur aan die landbou voertuig.   

Dankie vir die geleentheid wat u as organisasie my gebied het om u te kon dien. Met die puik leierskap in die Vrystaat en goeie landbouers wat ek met  trots kan sê my mense is, is baie vriendskappe gesmee. Persoonlik kon ek baie leer en ’n groei leerkurwe in my eie lewe beleef.

Baie sterkte word u as lid en as organisasie toegewens.

Mag hierdie feestyd ’n rustigheid oor u almal kom met die wete ons Verlosser leef!

Ek groet u graag met die volgende woorde van William Arthur Ward: “The adventure of life is to learn. The purpose of life is to grow. The nature of life is to change. The challenge of life is to overcome. The essence of life is to care. The opportunity of life is to serve. The secret of life is to dare. The spice of life is to befriend. The beauty of life is to give.”

Groete

Henk 


 

Terugblik op 2017 - Vrystaat Landbou Werksaamhede 

 

 

Die vraag “Wat doen Vrystaat Landbou vir lede”  kom dikwels voor en daarom het ons dit goed gedink om in die laaste Nuusflits van 2017 vir u ‘n terugblik te gee op aksies wat vanjaar uitgevoer is wat vir lede ‘n verskil maak. Die aksies wat genoem word is slegs hoogtepunte en indien u navrae oor ‘n spesifieke aspek (soos bv. dieselrabat) het, kan die kantoor geraadpleeg word.

 

Arbeid

         Departement Arbeid Nasionaal versoek om die aansoekproses vir kwytskelding te   vergemaklik. Landbou- ekonome             moet Departement Arbeid help met riglyne.

 

Grondsake 

Word tans op 2 vlakke hanteer, naamlik:

1) Nasionaal – beveg wetgewing oor grondsake soos 50/50 model. VL dien op komitees van Agri SA wat senior regslui sien, asook met die Departement praat soos: 50/50 beleid; grondoudit; grondplafonne. VL plaas ook suksesstories op Agri SA se databasis. Bo en behalwe bogenoemde, het VL addisioneel bygedra vir die volgende van Agri SA Regshulpfonds – Salem saak R19 919.32; Databasis oor grondbesit R33 959.46

2) Provinsiaal

Veiligheid

 

Een van VL Veiligheidslessenaar se oorhoofse doelwitte is om ons grondstrukture funksioneel en aktief te kry binne die Landelike Beveiligingsplan (LBP) in die Vrystaat. Ons wil d.m.v. ons betrokkenheid sterk beheer en leiding gee as ‘n noodsaaklike rolspeler in die plan. (‘n Tipiese bevel en beheer aksie!)

1) Verhoudings met die SAPD in die Vrystaat

Prioriteits komitee vergaderings               18

Cluster vergaderings                               28

Veiligheidsdae                                          8

Opleidingswerkswinkels                           10

SANW vergaderings                                  6

Prov Joints                                               9

2) Wit/Bloulig aande word op cluster stasie verband aangebied. 1150 landbouers met 655 voertuie asook 200 SAPD lede was betrokke en baie sigbaar in die provinsie.

Veediefstal sake: 3 677, vee terug gevind 8 913. ‘n Arrestasiesyfer van 35,31% waarvan 91, 73% van die wat gearresteer is suksesvol vervolg is in die hof. Saam met RPO moet ons hierdie syfers begin bestuur.

Wepener moord: VL betrokke om ‘n privaat ondersoekspan in te kry wat tot gevolg het dat SAPD saak weer heropen het en arrestasies uitgevoer is. 

3) 11 Potensiële plaasaanvalle die jaar in die Vrystaat voorkom. Asook nabetragting vergadering gehou na elke plaasaanval.

4) Nasionale en Internasionale veiligheidskonferensies bygewoon en opgetree.

5) Interprovinsiale veediefstal voorkomingsforum vergadering bygewoon, Gauteng, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes. 6 die jaar

6) Veiligheidstoerusting Agri Securitas fondse bekom die jaar vir landbouverenigings R429 518.85 (8 landbouverenigings). Vanaf 2013 het VL se verenigings reeds R2 186 355.05 vanaf Agri Securitas ontvang vir beveiliging.

7) Deurlopende weeklikse skakeling met intelligensie strukture (6 formele) vergaderings t.o.v. bedreigings

8) ‘n Vergadering met landboubesighede is gehou om graandiefstal hok te slaan wat deur sindikate bedryf word. Oud Polisie Kommissaris George Fivaz was ook teenwoordig. Het sy waardering uitgespreek oor VL se benadering.          

9) Nuusflitse word gebruik om veiligheidsaspekte vir u uit te lig.

 

Wetgewing / Konsepwetgewing

 

 

 

Litigasie

 

 

 

Natuurlike Hulpbronne

Besproeiing en watersake

 

Mynbou 

 

Beeldbou

 

 

Ekonomiese sake 

Telekommunikasie

 

Energie

 

Paaie en Lisensies

  

 


Die wrede werklikheid - Plaasaanvalle April 2016 tot November 2017 

 

Volgens Vrystaat Landbou (VL) se databasis het daar 48 plaasaanvalle sover die finansiële jaar vanaf 1 April 2016 tot en met 28 November 2017 in die Vrystaat plaasgevind. Agtien 18 in die Noord-Vrystaat, 13 in die Oos-Vrystaat en 17 in die Suid-Vrystaat.  Die hoë misdaad areas in die afgelope finansiële jaar tov plaasaanvalle is Clocolan (5) en Bloemfontein (5), gevolg deur Ficksburg, Hoopstad en Theunissen elk 3 insidente beleef het.  Boerdery gemeenskappe in die volgende dorpe het 2 insidente sedert April 2017 gehad nl Bothaville, Kroonstad, Ladybrand, Marquard, Tweespruit, Vredefort.  Die dorpe wat langs die RSA/Lesotho grens geleë is, het 48 aanvalle beleef nl Clocolan, Ficksburg en Ladybrand. Sewe-en-twintig (27) van die 84 dorpe in die Vrystaat het plaasaanvalle in boerdery gemeenskappe die afgelope finansiële jaar ervaar.

Maande van die jaar: Die maande van die finansiële jaar waartydens die meeste aanvalle plaasgevind het, is Augustus (12) en Oktober (8).

Tipe geweldsmisdade: In die finansiële jaar was daar 6 moorde, 3 op produsente in Ficksburg, Ladybrand, Wepener en 3 op werkers/bewoners op plase in Ficksburg, Jagersfontein en Theunissen. Van die 48 aanvalle was 30 op produsente, 3 op beide produsent en werkers terwyl 15 werkers/bewoners op plase was wat geteiken is. Nege (9) aanvalle was op kleinhoewes terwyl die oorgrote meerderheid op plase plaasgevind het. Verdere geweldsmisdade wat deel vorm van die definisie van plaasaanvalle is poging tot moorde (11) gevolg deur huis- of besigheids roof (gewapende rowe – 32); verkragting (1); aanranding met die opset om ernstig te beseer (ETB) (1).

Dag van die week: Die prominentste dag van die week wanneer aanvalle plaasvind is Dinsdae (9) gevolg deur Donderdae (8) met Maandae en Saterdae met elk 6 insidente. 

Tyd van dag/nag: Die meeste aanvalle 23/48 vind in die tydgleuf van daglig plaas (06:00-18:00) terwyl 12/48 in die voornag (18:00-24:00) plaasvind.   

Slagoffer analise: in 20/48 aanvalle is 2-6 slagoffers aangeval, dus nagenoeg 41.67% van aanvalle is meer as 1 persoon aangeval. 30 slagoffers was jonger as 50 jaar oud.

Oortreder analise: In 23 (47.92%) aanvalle was daar 2-3 aanvallers wie dit gepleeg het, terwyl in 15  aanvalle was daar 4-6 aanvallers terwyl in 5 aanvalle die getal aanvallers nie bekend is nie.

Tipe instrument gebruik in aanvalle: in 33/48 aanvalle is ‘n vuurwapen deur oortreders gebruik (68.75%).

Tipe items geteiken: 10/48 aanvalle is kontant geroof, in 12 aanvalle is selfone geroof; 8/48 vuurwapens geroof; terwyl in 10 insidente niks geroof is nie.

Hoe oortreders van toneel vlug: In 11/48 plaasaanvalle is ‘n voertuig gebruik om na en van die toneel te beweeg deur oortreders. In 9 aanvalle het hul gevlug met slagoffer se voertuig.

Waar aanvalle plaasvind: 19/48 aanvalle het binne wonings plaasgevind deurdat slagoffers oorval is deur aanvallers (nie gehoor het hoe hul huis betree het, dmv venster/diefwering/veiligheids hek oopgebreek); 12/48 moontlik agv nalatigheid (maak deur oop wanneer klop aan deur; deure staan oop; gaan uit wanneer honde blaf, krag afgesit word, pomp gaan afsit, ens);

Arrestasies: 15/48 aanvalle is arrestasies uitgevoer deur SAPD in samewerking met landbouers wie mobiliseer en paaie afsper (oortreders binne hou en/of siviele arrestasies uitvoer). Daar kon wel in-tussen arrestasie uitgevoer wees deur SAPD wat nog nie bygevoeg is op die databasis nie. 

 


 

10 Punt Plan vir groter veiligheid op plase/kleinhoewes in die Vrystaat 

 

Landbouers word versoek om veral mbt die Feesseisoen wanneer daar ‘n toename in misdade te bespeur word, te let op hul veiligheid.  Die VKB VL veiligheids lessenaar het 10 punte saamgestel wat van kardinale belang is waardeur elke lid eerstens moet fokus op ‘n bemagtigende omgewing ter voorkoming van ernstige gewelds- en eiendoms verwante misdade op landbougrond.

  1. Bemagtig uself met VOORAF INLIGTING EN KENNIS om na u eie veiligheid om te sien – neem EIENAARSKAP (veiligheid begin eerstens by uself);
  2. BRONNE VAN INLIGTING op plase is werkers/bewoners wat benut moet word; WEET WIE U IN DIENS HET, dus integriteits keurings (kriminele rekord “check”) tov alle werkers en of bewoners op plase is van kardinale belang;
  3. Groter INSKAKELING EN BETROKKENHEID van landbouers in die LBP tov gesamentlike misdaad voorkomings aksies in landbou gemeenskappe met SAPD;
  4. KAMERA STELSELS in direkte/indirekte omgewing om woning vir identifisering van vooraf beweging;
  5. ALLE MISDAAD VERWANTE INLIGTING moet deurgegee word na VL Landelike Veiligheid vir verdere skakeling na intelligensie strukture;
  6. ALLE MISDADE op landbougrond moet AANGEMELD word – verwantskap tussen eiendomsverwante misdade (EVM) en ernstige gewelds misdade (EGM - plaasaanvalle)
  7. GOEIE VERHOUDING TUSSEN SAPD, georganiseerde landbou, landbouers en werkers/bewoners op plase op alle vlakke
  8. BYWONING VAN MAAND/CLUSTER vergaderings tov beplanning van wit/blou lig patrollies/misdaad voorkomings operasies, terugvoer op aangemelde sake en impak/omvang van misdade op landbougrond;
  9. Gebruik KLAGTE KANAAL tov bevel/beheerlyn indien diensleweringsprobleme ervaar met SAPD
  10. Gebruik AGRISECURITAS BEFONDSING vir veiligheids toerusting in landelike gebiede 

 


Veediefstal 

 

 

Lede word versoek om asseblief slegs deur middel van APAC geregistreerde spekulante en kopers vee te verkoop.  Daar is kriminele wat landbouers besteel en bedrieg deur vee te koop of poog om te koop sonder dat hul identiteit bekend is. Landbouers moet waak daarteen om aan enige persoon vee te verkoop telefonies alvorens identiteit nie bevestig is nie. Landbouers moet ook verder waak daarteen dat persone hul kontak dat hul vee teruggevind is en hul ‘n sekere bedrag geld moet betaal alvorens die vee teruggehandig kan word. 

Indien enige probleme ondervind word, word landbouers versoek om met die RPO se provinsiale voorsitter van die Veediefstal Voorkomings Forum Mnr Johann Stadler in verbinding te tree of die VKB/ VL veiligheidslessenaar te kontak. Verder moet landbouers daarop attend wees dat kriminele klein kalfies steel wat nog nie getatoeër of gebrandmerk is nie. 

 


Jongboer van die Jaar Kompetisie 2018 

 

Inskrywings word graag ontvang vir die Jongboer van die Jaar kompetisie 2018. Nodige dokumente beskikbaar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

Ons is baie opgewonde oor ‘n prys wat moontlik gemaak word deur Case IH / Northmec, naamlik ‘n oorsese reis na een van hul fabrieke! 

Alle jongboere tussen die ouderdom van 18 – 40 jaar word aangemoedig om deel te neem. Sluitingsdatum is 26 Januarie 2018! 


Nuwe Mediabeampte / Webjoernalis 

 

Jóhann Thormählen is aangestel as nuwe mediabeampte / webjoernalis in die plek van Alani Janeke. Hy begin 1 Desember 2017.

Jóhann is tans werksaam by die Universiteit van die Vrystaat se Kommunikasie en Handelsmerk afdeling. Hy is ‘n vryskut radio rugbykommentator vir die SAUK (RSG). Hy beskryf homself as hardwerkend en toegewyd, met ‘n oog vir detail.

Vrystaat Landbou sien uit daarna om Jóhann in die landbou familie te verwelkom! 

 


Belangrike skakels na ons webtuiste 

 

http://vrystaatlandbou.co.za/komitees/landbou-ontwikkeling-komitee/dokumente/1127-grondwaardasie-en-onteiening-handleiding-vir-lede 

http://vrystaatlandbou.co.za/images/komitees/grondhervorming-seb/dokumente/AgriSA_Land-Audit_November-2017.pdf

 

Energie

http://vrystaatlandbou.co.za/images/komitees/infrastruktuur/energie/dokumente/171115-FSAgri_Pres_NERSA_Final.pdf

 

http://vrystaatlandbou.co.za/images/komitees/wet-orde/dokumente/ANALISE-VAN-JAARLIKSE-MISDAAD-STATISTIEKE-APR-2016-TOT-MAART-2017-IN-LANDELIKE-GEBIEDE.pdf

 http://vrystaatlandbou.co.za/afrikaans/index.php/komitees/landelike-veiligheid-komitee/dokumente

http://vrystaatlandbou.co.za/afrikaans/images/komitees/wet-orde/dokumente/2015_VRYSTAAT-LANDBOU_LANDELIKE_VEILIGHEIDSPLAN.pdf

 

Mynbou en Minerale

http://vrystaatlandbou.co.za/komitees/natuurlike-hulpbronne-komitee/mynbou-minerale/artikels/879-kennisgewing-van-tetra4-oor-beplande-omgewingsimpakstudie-by-virginia-notice-from-tetra4-about-planned-environmental-impact-study-at-virginia

 

Infrastruktuur:
Paaie en Lisensies:

 

http://vrystaatlandbou.co.za/afrikaans/index.php/agrisa/dokumente

 http://vrystaatlandbou.co.za/agrisa/artikels


Absa Agribesigheid se markverslae is beskikbaar by – http://vrystaatlandbou.co.za/afrikaans/index.php/vslandbou-media/ekonomiese-verslae

 

 


Landbou-groete                      

Mnr Henk Vermeulen
Hoofbestuurder – Vrystaat Landbou
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

 

Fisiese adres:
Nobel str 4, Brandwag
Bloemfontein
Posadres:
Posbus 54
Bloemfontein
9300
Tel: 051 4444 609
Faks: 051 4444 619
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees./ Webtuiste: www.vrystaatlandbou.co.za