Nuusflitse – Februarie 2018 - Dié besluite oor VL se grondwet op kongres geneem

Dié besluite oor VL se grondwet op kongres geneem

Moontlike wysigings aan die grondwet was op die agenda tydens Vrystaat Landbou (VL) se Spesiale Kongres op 7 Februarie 2018 in Bloemfontein. Daar is met die verteenwoordigers van die lede daaroor gepraat in ’n strewe om VL meer effektief te laat funksioneer.

Senekal Landbouvereniging het 'n mosie voorgestel dat die bestaande grondwet voldoende bly om die behoeftes van sy lede te behartig, en dat dit as sodanig gebruik word totdat die voorgestelde wysigings eenparig aanvaar word. Die meerderheid van die kongres het daartoe ingestem om die mosie te aanvaar.

Die inisiatief Vriende van Vrystaat Landbou, met die komediant Andries Vermeulen as ambassadeur, is onder meer aan die kongres bekend gestel en veranderinge aan die formaat van kongresse ook voorgestel. Verder het fokusgroepe onderwerpe soos kommunikasie aan lede, lidmaatskap en ledegeld bespreek.

Klik hier vir ’n opsomming van die Spesiale Kongres.