Nuusflitse – Februarie 2018 - Minimumloon verhoog só vanaf Maart

Minimumloon verhoog só vanaf Maart

’n Verhoging van 5.6% in die minimumloon vir werkers in die plaassektor is onlangs vasgestel. Dit is ingevolge die sektorale vasstelling en sal op 1 Maart 2018 in werking tree. Sien die tabel vir ’n eenvoudige verduideliking.

Dit sal van toepassing wees totdat die nasionale minimumloon, wat vanaf 1 Mei 2018 geld, in werking tree. Inligting oor die nasionale minimumloon sal versprei wanneer dit ontvang word.

Minimum lone vir werkers in die plaassektor

Minimum koers vir die periode

1 Maart 2018 tot inwerkingtreding van nasionale minimumloon*

Maandeliks

Weekliks

Daagliks

Uurliks

R3169.19

R731.41

R146.28

R16.25

* Die inwerkingtreding van die nasionale minimumloon sal hierdie tydperk bepaal.