Nuusflitse – Maart 2018 - Ledegeld: Vyf nuwe kategorieë en tarief-verhogings

Ledegeld: Vyf nuwe kategorieë en tarief-verhogings

Vyf nuwe lede-kategorieë is geskep vir mense om deel van Vrystaat Landbou (VL) te word. Sodoende kan die organisasie sy ledegetalle vermeerder, ’n diens aan nuwe kategorieë verskaf en ook meer belanghebbendes by georganiseerde landbou betrokke kry.

Verder verhoog die jaarlikse ledegeld-tariewe ook vanaf 1 Mei 2018.

Lede word daaraan herinner dat ledegeld ten volle van inkomstebelasting aftrekbaar is. Ledegeld moet einde Julie 2018 ten volle betaal wees.

 

Die vyf nuwe kategorieë is:

  • Nuwe kategorieë vir geassosieerde lede is bygevoeg. Skole, universiteite en kolleges vorm ’n nuwe kategorie, terwyl daar ook een vir studente en skoliere geskep is.
  • Nuwe toetreders of opkomende landbouers
  • Deeltydse landbouers
  • Landbouers op kleinhoewes en plotte

 

Vir meer inligting en nuwe ledegeld-tariewe, kontak Cynthia Troost, ledebeampte, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 051 444 4609.