Nuusflitse – Februarie 2019 - Lede aangemoedig om werkswinkels oor veiligheid by te woon

Lede aangemoedig om werkswinkels oor veiligheid by te woon

Veiligheidwerkswinkels sal in Maart en April 2019 regoor die provinsie aangebied word om veral Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskoördineerders te bemagtig en op te lei.

Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sal die werkswinkels in streke gehou word waar dit nog nie aangebied is nie. Dit sal onder meer fokus op die veiligheidshandleiding. “Alle veiligheidskoördineerders van landbouverenigings en gebiedskantore in daardie streke word gevra om betrokke te wees,” het Buys gesê.

Die werkswinkels sal as opleiding vir veiligheidskoördineerders dien, veral binne VL se strukture. Volgens Buys sal die belangrikheid van misdaadinligting ook aandag geniet.

Buiten bogenoemde, sal Gernie Botha, Regsadviseur van VL, ook byvoorbeeld opleiding oor siviele arrestasies en grondbesseting gee.