Nuusflitse – Februarie 2019 - VL en Vodacom spreek probleme met selfoonsein aan

VL en Vodacom spreek probleme met selfoonsein aan

Vodacom het sy toewyding verklaar om sy diens te verbeter en het reeds verskeie opraderings gedoen. Só het Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van Vrystaat Landbou (VL), gesê nadat ’n vergadering oor swak selfoonsein in landelike gebiede gehou is.

Kriel, dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, en Jakkals le Roux, Voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, het op 26 Februarie 2019 die kwessie tydens ’n vergadering met die selfoonnetwerk aangespreek. Volgens Kriel sal soortgelyke terugvoersessies nou kwartaalliks gedoen word om lede se probleme aan te spreek.

Kriel het gesê indien lede probleme ondervind, kan hulle eerstens die direkte hulplyn, 082 111, skakel. Indien dit steeds nie opgelos word nie, kan dit onder VL se aandag gebring word, wat dit aan Vodacom sal deurgee.

VL het vroeër berig swak selfoonsein hou ’n veiligheidsrisiko vir landbouers in en landboubesigheid kan ook nie behoorlik bedryf word nie. Die onbeskikbaarheid van selfoonsein het ’n geweldige impak op ’n landbouer, aangesien data gebruik word om besigheid via die internet te doen.

 

Klik hier om te sien watter stappe om te volg wanneer ’n landbouer probleme met selfoonsein ondervind.