Nuusflitse – Maart 2019 - Nuwe tariewe vir VL-ledegeld beskikbaar

Nuwe tariewe vir VL-ledegeld beskikbaar

Nuwe ledegeld van Vrystaat Landbou (VL) is onlangs via die organisasie se strukture, soos byvoorbeeld sy landbouverenigings, deurgegee. Lede word versoek om hul betrokke landbouverenigings te kontak om dié tariewe, wat vir 2019/2020 se boekjaar geld, te bekom.

“Ons wil dankie sê vir ons lede se getroue ondersteuning,” sê Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL. “Ons pak alle nuwe uitdagings, waar ons ons lede op verskeie vlakke verteenwoordig, volstoom aan.”

Die aangepasde ledegeld is deur VL se bestuur goedgekeur.