Nuusflitse – April 2019 - Verhoudings gebou om “tradisionele grond” te kommersialiseer

Verhoudings gebou om “tradisionele grond” te kommersialiseer

Goeie samewerkende verhoudings is gebou en kan in die toekoms geleenthede bied vir kommersiële landbouers om in produksievennootskappe met nuwe landbouers in te gaan wat wen-wen oplossings bied. Dit kan boonop onder ondersteuning en leiding van landboubesighede en kommoditeitsorganisasies geskied.

Só sê Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), oor die betrokkenheid van VL by die aksies van die Patrice Motsepe Foundation. Volgens hom het VL die inisiëringsfase van die inisiatief in die Vrystaat gelei.

Die doel is om gepaste landboubesighede, kommoditeitsorganisasie lede en landboukonsultante te identifiseer wat kans sien om “volhoubare, markgerigte, kommersiële projekte in sekere gebiede, wat deur tradisionele leierskap bestuur word, aan te pak en hulle in kontak te bring met die tradisionele leiers”.

Die Patrice Motsepe Foundation, in samewerking met Agri SA, is besig met ’n inisiatief om grond wat voorheen deur tradisionele leierskap beheer is, te kommersialiseer deur kommersiële vennote daar betrokke te kry. Volgens Armour het Dr Partice Motsepe, ’n sakeman, die eerste vergadering in die Vrystaat hieroor op 16 November 2019 gelei om plaaslike tradisionele leiers aan die kommersiële landbousektor voor te stel.

  • Die Agri SEB-fonds kan befondsing vir landboubesighede beskikbaar stel wat hul Agri SEB-posisie moet verbeter om te voldoen aan regulasies om byvoorbeld regeringspermitte soos vir waterregte en uitvoere te bekom. Volgens Armour kan die fonds befondsing vir tot 49% -belang in bestaande landboubesighede bied.
    Armour is aangestel in die Vrystaatse provinsiale Agri SEB-handvesstruktuur en het die kwartaalvergadering op 24 April 2019 bygewoon. Hier het hy VL se lede en Vriende van Landbou wat in die Agri SEB-ruimte werk verteenwoordig.
    Aansoeke by die Agri SEB Fonds kan gedoen word deur Thato Mokoena, beampte van die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling by Glen, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te kontak.