Nuusflitse – Julie 2019 - Armour: Beskerm eers SA grense

Armour: Beskerm eers SA grense

Daar is geen sin daarin om spasie ontwikkeling te doen en infrastruktuur te verbeter as Suid-Afrika se landsgrense nie beskerm word nie, omdat dit lei tot probleme soos misdaad, onbeheerde verstedeliking en proteste teen dienslewering wat vernietig wat reeds opgebou is.

Dit was ’n opmerking wat deur dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder by Vrystaat Landbou (VL), tydens ’n konsultasie met belanghebbendes van die Nasionale Spasie Beplanningsraamwerk wat op 22 Julie 2019 in Welkom deur die Nasionale Beplanningskommissie gehou is. Inisiatiewe soos VL se Nchafatsa-projek vir Mandeladag, die Motsepe-stigting se projek en ander is binne die raamwerk deurgevoer. Armour het sy bydrae gelewer ná ’n konsepvoorlegging van die spasieplan, wat die Nasionale Ontwikkelingsplan sal lei en rigting gee.

Sue Bannister, ’n kommissaris van die Nasionale Beplanningskommissie, het gesê daar word van Armour se punt kennis geneem en dat dit in die finale konsepverslag, wat in Augustus 2019 aan die parlement voorgelê word, ingewerk sal word. Na goedkeuring van die parlement sal die finale konsepverslag aan die publiek deur ’n reeks roadshows vir laaste insette bekendgestel word.

Volgens Armour is die basiese spasie beplanning wat vir die Vrystaat voorgestel word, die gebied oos van die N1 en N6 (geoormerk as die Agri-onderneming), kleinskaalse landbouhulpbron-streek, die gebied wes (Lejweleputswa en Felize Dabi) van die nasionale hulpbronproduksie hartland en die Suidwes-Vrystaat vorm deel van die Arid-Agri innovasiegebied. Agri Parke is ’n integrale deel van hierdie spasie beplanningsproses.

Klik hier vir ’n samevattende dokument.