Nuusflitse – Julie 2019 - VL werk saam met Nchafatsa vir Mandeladag-projek

VL werk saam met Nchafatsa vir Mandeladag-projek

Vrystaat Landbou (FSA) werk saam met Nchafatsa, ’n nie-winsgewende organisasie, om mediese toerusting aan mense in landelike gebiede beskikbaar te stel. Dit vorm deel van ’n projek vir Mandeladag, wat op 18 Julie 2019 plaasgevind het, van VL.

Toerusting soos rolstoele en krukke word aan behoeftiges voorsoen. Volgens dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, versoek sy organisasie daarom landbouers met ongebruikte mediese toerusting om dit op 7 en 8 Augustus 2019 na VL se kongres in Bloemfontein te bring, waar hulle dit by die Nchafatsa-banier kan inhandig.

Die toerusting hoef ook nie in die beste toestand te wees nie, aangesien dit herstel voordat dit versprei word.

VL se lede wat ’n behoefte aan sulke toestelle identifiseer, kan Armour by 071 672 0271 kontak of ’n versoek op Nchafatsa se Facebook-bladsy (www.facebook.com/nchafatsa.org) rig.

 

Brugbouers vir landbou ontwikkeling op kongres voorgestel

Die rol van individue in georganiseerde landbou word vanjaar by VL se jaarkongres bespreek. Volgens Armour is daar ’n voorstel dat elke landbouvereniging ’n brugbouer vir landelike ontwikkeling moet hê, sodat VL se Landelike Ontwikkeling-komitee suksesvol kan funksioneer.

Dié persoon word spesifiek benoem en hul naam word aan VL se kantoor deurgegee om ’n sterk bemagtigde netwerk te bou om mekaar te ondersteun en om landelike gebiede waar landbouers woon en werk te ontwikkel.