Nuusflitse – Julie 2019 - Rol van landbouverenigings in brandbestryding beklemtoon

Rol van landbouverenigings in brandbestryding beklemtoon

 

Die belangrike rol wat plaaslike landbouverenigings in die funksionering van Brandbeskerming-verenigings (BBV’s) speel, asook hul verteenwoordiging op distriksvlak, is by ’n vergadering van Vrystaatse brandverenigings beklemtoon.

Die rol van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings (FSUFPA) is ook by die vergadering, wat op 15 Julie 2019 in Bloemfontein plaasgevind het, bespreek.

Kwessies soos strukture, bestuur en die finansies van die FSUFPA was op die agenda. Onsekerhede oor die wettigheid en affiliasie van BBV’s aan die FSUFPA is ook bespreek.

Die betrokkenheid van VL by BBV’s en op FSUFPA-vlak is slegs gefasiliteer. ’n Opvolgvergadering het ook op 31 Julie 2019 plaasgevind.