Nuusflitse – Augustus 2019 - SANW en rolspelers stig komitee om grensprobleme aan te spreek

SANW en rolspelers stig komitee om grensprobleme aan te spreek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het ’n “Border Safeguarding Forum Joint Operational Committee (JOCOM)” gestig om grensprobleme tussen Suid-Afrika en Lesotho, saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander rolspelers, aan te spreek.

Die komitee sal op Woensdae operasies vir oorgrens-areas met hoë misdaad beplan en van stapel stuur.

Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), moet alle inligting oor probleemgebiede, onwettige aktiwiteite by die grens en misdade reeds op Maandae aan VL via sy VL VKB Veiligheidslessenaar deurgegegee word. Dit word dan aan die SANW deurgegee, sodat dit aangespreek kan word.

“Landbouers word weer eens versoek om sulke inligting deur te gee en kan ook met hul onderskeie veiligheidsverteenwoordigers van landbouverenigings of gebiedskantore, en selfs hul streek se veiligheidsverteenwoordigers, in verbinding tree,” sê sy.

Indien landbouers dringend met die SANW in kontak moet kom, kan hulle die Inligtings-offisier, Majoor Bosch, by 063 509 8107 kontak.