Nuusflitse – Augustus 2019 - Help Noord-Kaap landbouers in nood

Help Noord-Kaap landbouers in nood

Die nood is groot in die Noord-Kaap en daarom rig Vrystaat Landbou (VL) ’n versoek aan sy lede om hul bure by te staan. Só het Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL, gesê oor die situasie waarin mede-landbouers in dié provinsie hul bevind.

Landbouers in die Noord-Kaap gaan gebuk onder erge droogtetoestande en hul toekoms is in die gedrang. Party van hulle beskik nie meer oor ’n werkende voertuig nie, omdat instandhouding te veel kos. Ander moet noodgewdonge weens ’n tekort aan geld hul kinders uit die skool haal. Die provinsie is ampetlik sedert 1 Augustus 2019 weens die droogte tot ’n rampgebied verklaar.

Daarom wil VL ’n hand na hulle uitreik en versoek hy landbouers op wie se hart dit druk om ’n bydrae, in privaat hoedanigheid, te maak. “Ons vra lede wat wel ’n bydra kan maak om te kyk waar hulle kan help om ons bure in die Noord-Kaap by te staan,” sê Esterhuyse.

Volgens hom is daar veral ook ’n nood aan hoofsaaklik mielies en ruvoer. Hy sê VL se streekverteenwoordigers is ook gevra om ’n opname in hul streke te maak, sodat hulp moontlik verleen kan word.

 

  • Diegene wat ’n bydra wil maak, kan Henning Myburgh, Hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, by 053 832 9595 kontak. 
  • Bydraes kan ook direk aan Agri-Noord gemaak word deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Agri Noord-Kaap

ABSA

Rekeningnommer: 940 591 759

Takkode: 632 005

Verwysing: Merk duidelik die woord “Ramp” en van waar die geld kom.