Woon Streekkonferensies op dié datums by

Praat saam en help beplan aan die pad vorentoe. Dit is Francois Wilken, President van Vrystaat landbou (VL), se boodskap saam met sy uitnodiging aan landbouers, landbou-organisasies en belanghebbendes in landbou om VL se Streekkonferensies in 2020 by te woon.

Volgens Wilken “staan landbou voor die grootste uitdagings en onsekerheid in ons geskiedenis” en daarom is dit belangrik vir almal om saam te span en deel te neem. Hy nooi alle landbouers, lede van VL én nie-lede, en bogenoemde organisasies om deel daarvan uit te maak.

VL sal vanjaar gasheer speel vir vyf konferensies, waarvan Nedbank die hoofborg is. Dit sal in Bethlehem (5 Februarie), Tweeling (25 Februarie), Trompsburg (26 Februarie), Ladybrand (17 Maart) en Bultfontein (1 April) plaasvind. Die tye en lokale sal nader aan die tyd bevestig word.

Wilken en Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL, sal die sprekers wees én daar sal ook tyd vir insette en vrae wees. Esterhuyse is ook die Voorsitter van die Nasionale Landelike Veiligheidskomitee by Agri SA.

Kontak VL of die naaste landbouvereniging vir meer inligting.

 

Datums en plekke:

5 Februarie: Bethlehem (Meets-landbouvereniging om 14:00)

25 Februarie: Tweeling (Tweeling-landbouvereniging om 10:00)

26 Februarie: Trompsburg (Primêre Skool Trompsburg om 09:30)

17 Maart: Ladybrand (Maluti Tavern om 13:00)

1 April: Bultfontein (sal bevestig word)