Nuusflitse – Januarie 2020 - Landbouers wat besproei moet skielik watermeters hê

Landbouers wat besproei moet skielik watermeters hê

Boetes kan binnekort landbouers se voorland wees nadat besproeiingsboere skielik watermeters moet hê. Dit nadat die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie aangekondig dat hulle watertoestelle moet installeer.

Dit moet reeds volgens die Staatskoerant, waar dit op 17 Januarie 2020 gepupliseer is, binne 30 dae ná die aankondiging gebeur. Hierdie landbouers moet dan watermeters hê en hul maandelikse lesings kan deurgee.

Die kennisgewing stel waterverbruikers in kennis dat kommersiële besproeiingsboere buite waterbestuursinstellings watertoestelle of meters moet installeer. Agri SA is besig om by die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie die besonderhede rakende implementering te bekom.

Volgens Landbouweekblad sê Agri SA en Agbiz “dit is ’n onrealistiese kort tydperk vir boere om daaraan te voldoen”. Die vraag bestaan of daar genoeg meters te koop is en dit behels boonop ekstra uitgawes.

 

Klik hier vir die berig van Landbouweekblad.

Klik hier vir die dokument soos dit in die Staatskoerant verskyn het.

Klik hier vir ’n kennisgeweing van die regering van 2017.

Klik hier vir riglyne van hoe om water te meet.

 

Rhino Oil and Gas: Eers gewag vir uitslag van appèl

Die huidige stand van die Rhino Oil and Gas prospekteer-aansoeke in die Oos-Vrystaat is dat daar repliek gelewer moet word oor die 346ER aansoek tot appèl, maar dat daar eers gewag word vir die uitslag van die appèl tot die 350ER. Die aansoeke word deur Moolman en Pienaar, wat deur die betrokke landbouverenigings aangestel is, as prokureurs hanteer.

 

Kyk hier as jy wil help

VL se lede kan gerus OFM se spesiale webtuiste oor hulp vir droogtegeteisterde gebiede besoek om te sien by watter aksies hulle betrokke kan raak indien hulle hulp wou verleen.

 

Datums:

  • 22 Februarie 2020 (Fauresmith): Weiveld Bonsmara Boeredag, in samewerking met Fauresmith Landbouvereniging (Kaartjieverkope gaan vir droogtehulp-aksies)

Besoek https://bit.ly/2RNCzMJ

  • 13-16 Febuarie 2020 (Reitz): VKB Bieliemiefees wat in 2020 vir die 40ste keer aangebied word.

Besoek http://www.bieliemielie.co.za/

  • 16-17 Maart 2020 (Reitz): Herlewingslandbou-konferensie (Riemland Studiegroep, Graan SA en Landbouweekblad).

Besoek https://bit.ly/2RIehUe