Nuusflitse – Januarie 2020 - Registreer vroeg en kry korting vir Jongboer-konferensie

Registreer vroeg en kry korting vir Jongboer-konferensie

Landelike veiligheid bly een van die grootste uitdagings vir landbouers. Verskeie kenners sal vanjaar hul kennis hieroor by Vrystaat Landbou (VL) se gewilde Jongboer-konferensie deel.

Die tema van die konferensie, wat op 7 April 2020 in Bloemfontein plaasvind, is Die regte ammunisie vir landbouveiligheid en sprekers sluit verskeie bekendes op die gebied van veiligheid in. Dit sluit Lt. Kol. Johan Gelderblom, die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Vrystaatse koördineerder vir landelike veiligheid, Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL en Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid by Agri SA, en Kobus Visser, Direkteur Landelike Veiligheid en Provinsiale Sake by Agri SA, in. Ander kenners aan die woord, is Gernie Botha, Regsadviseur van VL, Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL, en Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL. Die skrywer Wynand du Toit sal as motiveringspreker optree.

Bywoners van die konferensie wat vroeg reeds hul plekke bespreek, kan boonop vir korting op registrasiegeld kwalifiseer. Diegene wat teen 6 Maart 2020 registreer, sal spesiale korting kry deur net R 280 per persoon te betaal. Gewone registrasiefooie moet teen 25 Maart 2020 betaal wees en kos R 350 per persoon.

Die oproep vir die Jongboer-konferensie én aandfunksie, waar die Jongboer van die Jaar aangewys word, is op 8 Januarie 2020 aan VL se Jongboer-komitee, landbouverenigings en streekverteenwoordigers gestuur. Albei dié geleenthede vind op 7 April 2020 by Monte Bello Estate in die Rosestad plaas.

Spesiale korting is ook van toepassing vir die aandfunksie indien daar teen 6 Maart 2020 registreer word. Daar sal dan slegs R 280 per persoon betaal word. Gewone registrasiefooie moet teen 25 Maart 2020 betaal wees en kos R 350 per persoon.

 

VL op soek na 25ste Jongboer van Jaar

Die finaliste vir VL se Jongboer van die Jaar kompetisie word einde Februarie 2020 deur die kompetisie se beoordelaars op hul plase besoek en beoordeel. VL is op soek na sy 25ste wenner van die prestige kompetisie en Herman Janse van Rensburg, 2019 se wenner, se opvolger.

Die wenner sal outomaties aan die Toyota Agri SA  se Nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem.

Jongboer-konferensie:
Datum: 
7 April 2020
Registrasie: 08:00
Opening: 08:45
Plek: Monte Bello Estate (Bloemfontein)
Drag: Netjies informeel (geen kortbroeke)
Prys: R 280 per persoon (teen 6 Maart 2020); anders R 350 (teen 25 Maart 2020)
Sperdatum: Registrasies sluit 25 Maart 2020

Jongboer-aandfunksie:
Datum: 7 April 2020
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Monte Bello Estate (Bloemfontein)
Drag: Formeel
Prys: R 280 per persoon (teen 6 Maart 2020); anders R 350 (teen 25 Maart 2020)
Sperdatum: Registrasies sluit 25 Maart 2020

 

Klik hier vir die oproep, inskrywingsvorm en om jou plek te bespreek.

Vir meer inligting oor die Jongboer van die Jaar kompetisie, konferensie of aandfunksie, kontak Elize Spence, Admin Beampte by VL, by 051 444 4609 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vir meer inligting oor ledegeld en afgevaardigdes, kontak Cynthia Troost by 051 444 4609 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.