Nuusflitse Augustus 2015 - Landbouweekblad Konferensie

 

Landbouweekblad Konferensie

Moenie Landbouweekblad se gewilde Oplossings vir Landbou konferensie op 5 en 6 Oktober in Bloemfontein misloop nie. Kom hoor hoe van Suid-Afrika se voorste boere en sakemanne oplossings vir van landbou se mees indringende probleme gevind het – van hoe om skaal ekonomie te bereik tot die opwekking van krag op die plaas. Die registrasiekoste sluit alle etes in en ‘n opvoering van die gewilde sanger Ricus Nel. Sien jou daar! Vir meer inligting, kliek hier.