Nuusflitse Augustus 2015 - Vrystaat Landbou Kongres 2015

 

Vrystaat Landbou Kongres 2015

Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar vir ons 2015 Kongres wat goed afgeloop het op 5 en 6 Augustus 2015. Van die hoogtepunte van die Kongres was die voorleggings deur Mpumelelo Mkhabla, redakteur van die Sowetan, Greg Peterson wat afgevaardigdes meer kom leer het van die waarde van sosiale media en Angus Buchan se boodskap van hoop. Mkhabela het sy boodskap aan die Kongres ook op die Sowetan se webtuiste gepubliseer - http://www.sowetanlive.co.za/news/2015/08/17/follow-rupert-s-way-for-successful-land-reform

Dan Kriek, president van VL, is baie opgewonde oor die positiwiteit wat gedurende die Kongres by landbouers geheers het. Hy was baie beïndruk met Peterson se boodskap, en die aansporing wat dit aan landbouers gee om hul beeld uit te bou. 

Al die sprekers se voorleggings, asook Kriek se presidentsrede en die opsomming van die Kongres is op die webtuiste beskikbaar. http://vrystaatlandbou.co.za/jstuff/jaarkongres?showall=&start=1