Nuusflitse Augustus 2015 - Vrystaat Landbou Korporatiewe DVD

 

Vrystaat Landbou Korporatiewe DVD

As deel van Vrystaat Landbou se beeldbou aksies, het die organisasie tydens ons Kongres op 5 Augustus 2015 ons eerste korporatiewe DVD bekendgestel. Ons is baie opgewonde oor die DVD, en moedig graag ons lede aan om dit te gaan besigtig. Die DVD sal eersdaags aan die uitvoerende bestuur beskikbaar gemaak word, tesame met ander inligting en onderhoude wat gebruik kan word by boeredae en landbouvereniging vergaderings. 

Besigtig gerus die DVD op ons webtuiste. Dankie aan Rooistoel TV vir hul uitstekende produksiewerk, en aan GWK vir hulle borgskap van die DVD. http://vrystaatlandbou.co.za/jstuff/jaarkongres?showall=&start=1