Nuusflits Mei 2016 - Diesel rabat vir 2016/17

 

Diesel rabat vir 2016/17 

Die diesel rabat vir die 2016/17 boekjaar is gedurende Mei 2016 bekend gemaak. Volgens inligting wat Agri SA met sy affiliasies gedeel het kwalifiseer landbou, bosbou en mynwese vir die volgende rebat: “’n Dieselterugbetaling van 108c per liter sal vir 80% van kwalifiserende aankope geld, plus 154 c per liter vir die Padongelukke fonds vir 80% van die kwalifiserende aankope.

Dit is 'n totale terugbetaling van 262c per liter op 80% van die kwalifiserende aankope.” Die volledige bepaling deur die staat is hier beskikbaar. 

Intussen het Vrystaat Landbou (VL) gedurende Mei 2016 ons lede versoek om ook hulle eie insette oor die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se werksessies oor die hersiening van die diesel rabat stelsel in te handig.

Die proses van die SAID se hersiening van die logboek en totale diesel rabat stelsel is al 'n geruime tyd onderweg. Agri SA en sy affiliasies het reeds in 2013 hulle kommentaar op die hersiening begin indien. Die SAID het die afgelope paar maande sessies aangebied oor die voorgestelde veranderinge. VL het ondernemings soos PriceWaterHouseCoopers versoek om die sessie in Bloemfontein by te woon. Op 12 Mei 2016 is 'n sessie ook op Upington aangebied, waarvoor VL ook insette gelewer het. 

’n Lys van die kwessies wat aan die SAID uitgewys is, is hier op die webtuiste beskikbaar. Agri SA se kommentaar op die hersiening asook ander verduidelikings is ook beskikbaar.