Nuusflits Mei 2016 - KVBA Afleggingskema: Afsprake noodsaaklik

KVBA Afleggingskema: Afsprake noodsaaklik

Enige Vrystaat Landbou (VL) lid wat graag vir die KVBA Afleggingskema of sogenaamde “CCMA lay-off scheme” aansoek wil doen, word aangemoedig om met die KVBA te skakel om ‘n afspraak in dié verband te maak.

Die KVBA se Roy Els kan gekontak word om ‘n afspraak te maak.

Sy kontakbesonderhede is: 051 411 1700 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Belangstellendes moet asb daarop let dat hul Werkloosheidvoorsieningsfonds betalings op datum moet wees. Aansoekvorms is hier op ons webtuiste beskikbaar.

Ons herinner ons lede ook net weer aan die verhoging in minimumlone vir plaaswerkers wat van 1 Maart 2016 af geld.

  

Meer inligting oor die nuwe minimumlone is hier beskikbaar.