Nuusflits Mei 2016 - Opname oor doringlose turksvye

Opname oor doringlose turksvye

Al meer landbouers vestig doringlose turksvye op plase om as veevoer te gebruik. Jare gelede turksvye algemeen op plase voorgekom, maar die gebruik van biologiese beheer [Cochineal of skarlakenluis en Cactoblastis of turksvymot] onderskei nie tussen doringlose en turksvye met dorings nie. Dit, tesame met swak bestuur en gebrek aan fokus op die ou bestaande boorde, het tot gevolg dat turksvyplante erg aangetas is, opgevreet is of afgesterf het.

   

Prof. HO de Waal, dierevoedingkundige van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, en verskeie kollegas doen die afgelope dekade navorsing oor die voordele wat dié plant en vrugte vir dier- en menslike verbruik inhou. Die navorsing fokus spesifiek op die gebruik van gedroogde doringlose turksvyblaaie en verpulpte turksvyvrugte as veevoer.

Dit is belangrik om vas te stel hoe wyd doringlose turksvyboorde reeds in Suid-Afrika gevestig is. Die volgende inligting kan gerus met die Turksvyspan gedeel word:

  • Waar is die turksvye geplant (distrik/naaste dorp)?
  • Hoeveel ha is geplant (plante/ha en ouderdom/jaar van aanplanting)?
  • Kultivar/soort turksvy/gewone naam?
  • Hoe word dit gebruik (diere/mense)?

Stuur asseblief inligting per e-pos na die volgende adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.